Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
US-taalbeleid se saak in September voor grondwethof
Die Ou Hoofgebou op die Universiteit Stellenbosch (US) se kampus in Stellenbosch. Foto: Leánne Stander

Die appèlaansoek in die saak om die Universiteit Stellenbosch (US) se taalbeleid te hersien en tersyde te stel gaan in September deur die konstitusionele hof aangehoor word.

Die veldtog Gelyke Kanse, die president van die US-konvokasie en ses studente is as applikante in die saak gelys, met die US en die voorsitters van die US-senaat en universiteitsraad as respondente.

Danie Rossouw, prokureur vir Gelyke Kanse, het Vrydag gesê die mondelingse argumente in die saak sal op 13 September aangehoor word, nadat die konstitusionele hof in Maart om verdere geskrewe voorleggings gevra het.

Die applikante doen aansoek om verlof tot appèl nadat ’n aansoek in die hooggeregshof in Kaapstad in Oktober 2017 met koste van die hand gewys is.

Volgens Rossouw is daar ’n “hemelbreë verskil in wesenlike feite en regsaspekte” tussen dié saak en die een oor die Universiteit van die Vrystaat se taalbeleid wat in Desember deur die konstitusionele hof van die hand gewys is.

Dit is veral omdat die konstitusionele hof, glo anders as die saak tussen AfriForum en die UV, versoek het dat die partye mondelingse betoë voor die 11 regters moet lewer.

“Die US se vorige 2014-taalbeleid het in die breë voorsiening gemaak vir die gelyke gebruik van Afrikaans en Engels op kampus. Die huidige 2016-beleid het die US geplaas op ’n sneltrajek na algehele verengelsing ten koste van alle ander inheemse tale, insluitend Afrikaans wat reeds ’n gevestigde akademiese en wetenskapstaal is.”

Regters Daniel Dlodlo en Kate Savage het op 25 Oktober 

Die US se vorige 2014-taalbeleid het in die breë voorsiening gemaak vir die gelyke gebruik van Afrikaans en Engels op kampus.

Gelyke Kanse en ander se aansoek in die hooggeregshof dat die US-taalbeleid hersien en tersyde gestel word, van die hand gewys.

Met dié aansoek is gevra dat die hof beslis dat die taalbeleid aan Afrikaans ’n “mindere plaats” vergeleke met Engels gee.

Daar is ook gevra dat die vorige beleid van November 2014 weer in werking gestel word.

Tydens die hofsaak het Gelyke Kanse aangevoer dat ’n irrasionele proses gevolg is om die nuwe beleid te aanvaar en dit deur die rektor se bestuurspan gedryf is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.