Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
US: ‘Persgesig’, taalkwessie wys op ‘dubbele standaarde’

Daar is ’n skreiende kontras tussen die optrede van die Universiteit Stellenbosch (US) in die omstrede persgesig-drama van 2016 en die beweerde skending van taalregte vanjaar – en dit getuig van die US se dubbele standaarde.

Só sê Pieter Groenewald, Vryheidsfront Plus-leier, Maandag op ’n sitting van die Menseregtekommissie (MRK), wat die bewerings ondersoek dat sekere studente vroeër vanjaar deur koshuisleiers aangesê is om nie Afrikaans te praat nie.

Groenewald sê in 2016, toe twee inwoners van die koshuis Heemstede hul gesigte pers geverf het vir ’n partytjie en ’n foto daarvan wyd opslae gemaak het, het die US dadelik gereageer en die studente geskors hangende ’n ondersoek.

Die studente se skorsing is later opgehef nadat die US se Eenheid vir Gelykwaardigheid in sy ondersoek bevind het daar was geen “direkte of indirekte bedoeling om enige student of personeellid aanstoot te gee of skade te berokken nie”.

Groenewald sê met die voorval vroeër vanjaar toe verskeie studente gekla het dat hul taalregte glo geskend is, het die US “gesloer” en die bewerings “afgemaak as onwaar”.

Hy sê daar is vrae oor hoekom daar nie “genoegsame stappe” deur die US gedoen is nie, en het die MRK gevra om dit verder te ondersoek.

Groenewald sê dit blyk dat daar ’n “algemene vyandigheid teenoor Afrikaans en Afrikaanssprekendes” by die US is.

Hy het sterk gereageer op bewerings deur US-amptenare tydens die verhoor in Mei dat die taalkwessie “deur politieke partye en die media opgeblaas word”.

Hy sê as ’n verkose politieke party het die VF Plus die verantwoordelikheid om die mense wat hy verteenwoordig, by te staan.

Hy glo die studente se grondwetlike regte is aangetas en het die MRK versoek om die omvang van die beweerde verbod op Afrikaans by Maties te ondersoek.

Groenewald het ook gevra dat die MRK “die kultuur van vyandigheid teenoor Afrikaanse studente” moet ondersoek.

Daar moet voorkom word dat dié situasie herhaal word en dit moet as voorbeeld gebruik word vir ander instellings van hoër onderwys.

Meer oor:  Pieter Groenewald  |  Stellenbosch  |  Us-Taalbeleid  |  Mrk  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.