Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
US vergader oor fakulteite-besluit om Afr. af te skaal
George Steyn, voorsitter van die Universiteit Stellenbosch se raad. Foto: Verskaf

Die Universiteit Stellenbosch (US) se bestuur sal Dinsdag met die dekane van twee van sy fakulteite vergader oor hul besluit om Afrikaanse klasse daar af te skaal.

Die regs- en ingenieursfakulteite het onderskeidelik te kenne gegee dat hoofstroomklasse voortaan primêr in Engels sal geskied, ondanks ’n besluit van die universiteitsraad in November 2015 om parallellmedium-onderrig uit te brei.

Die fakulteite se besluit het daartoe gelei dat AfriForum die US met moontlike regstappe gedreig het. Die organisasie het die US tot Dinsdagmiddag gegee om die fakulteite se besluite om te keer, voordat hy sal besluit of dit nodig is om ’n hofinterdik te bekom om dié aksie af te dwing.

Die universiteit se bestuur en die raadsvoorsitter, George Steyn, vergader Dinsdag oor hoe om die kwessie te hanteer.

Steyn sê hoewel elke fakulteit sy eie behoeftes het, sy taalplan altyd in ooreenstemming met die universiteit se taalbeleid, wat deur die raad bepaal word, moet wees.

“Die besluit wat die raad verlede jaar oor die taalbeleid geneem het, is geldend en indien die fakulteite daarbuite opgetree het, sal ons moet kyk wat die gepaste stappe is,” sê Steyn.

“Dis ons plig om seker te maak niemand tree op ’n manier op wat die universiteit in ’n kwesbare posisie vir regsaksie plaas nie.”

Die US-bestuur sê hy sal ná vandag se vergadering volledig oor die situasie kommentaar lewer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.