Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
UV-hoë ‘orraait’ ná studente hom rondstamp
Chris Liebenberg

Die finansiële hoof van die Universiteit van die Vrystaat (UV) sê hy was uiteraard geskok oor die voorval waarin studente hom rondgestamp het op ’n plek waar hy verwag het om veilig te wees.

Studente het Chris Liebenberg Dinsdag gedurende betogings oor studiegelde op die Bloemfontein-kampus aangerand.

Die studente het betoog omdat hulle ontevrede is oor die beursgeld wat die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) aan hulle uitbetaal.

Liebenberg is nie beseer in die voorval op die trappe van die George du Toit-administrasiegebou nie, en sê hoewel hy nie getraumatiseerd voel nie, is dit ’n baie ongelukkige voorval.

Verskeie video’s oor die voorval doen die ronde. Daar kan onder meer gesien word hoe studente hom rondpluk en by die trappe afstoot. Hy en ’n student rol dan in ’n struweling op die trappe oor mekaar.

Hy sê hy is “orraait” en “ten volle funksioneel binne die konteks van die universiteit”.

Liebenberg wou nie die besonderhede van die voorval bespreek nie, omdat hy nie die universiteit se ondersoek wil belemmer nie.

Chris Liebenberg, die Universiteit van die Vrystaat se finansiële hoof, en ’n student Dinsdag in ’n worsteling op die trappe van die George du Toit-gebou op Kovsies se Bloemfontein-kampus nadat studente hom rondgestamp het.Foto: Skermgreep

“Ek dink dit blyk baie duidelik uit die videogrepe wat die toedrag van sake was.”

Hy beklemtoon dat die UV hom al die ondersteuning moontlik bied en die gebeure in ’n ernstige lig beskou en ooreenkomstig optree.

Volgens hom is die UV besig met ’n noukeurige ondersoek na die voorval en word na die videogrepe gekyk om mense te identifiseer.

Chris Liebenberg word hier van die toneel weggehelp nadat studente hom omgestamp het.Foto: Skermgreep

Liebenberg sê dit is nog te vroeg om te sê of ’n klag by die polisie aanhangig gemaak sal word, maar die moontlikheid bestaan wel. Hy sê die ondersoek sal bepaal watter stappe gedoen word.

Volgens hom het hy Woensdagoggend ’n “baie produktiewe” vergadering met die studenteraad gehad. Die kwessies wat die studente geopper het, is bespreek.

“Dit gaan maar oor probleme wat in die NSFAS-prosesse ondervind word. Die situasie is ongelukkig so dat die universiteit en die studente in die middel van die probleem beland.

“Dit gaan maar tipies daaroor om betalings behoorlik te hanteer. Dit is geweldige volumes waardeur die universiteite moet werk, veral wanneer dit by private akkommodasie kom. Daar is maar groot druk van die verhuurders af wat deur die studente betaal moet word, ensovoorts.”

Hy sê dit dra alles by tot ’n gespanne atmosfeer.

Die universiteit se beskermingsdienste hou steeds die situasie op die kampus fyn dop.

Meer oor:  Chris Liebenberg  |  Uv  |  Kovsies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.