Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
UV hou fees om streektale, -kulture te bevorder

Skaapkop, “bunny chow” en koeksisters.

Dit is van die kultuureie kos waaraan die universiteitsgemeenskap Woensdag op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se veeltaligheidsfees, Mokete, kan smul.

Die UV hou die fees op sy Bloemfontein-kampus om sy drie diverse kampusse te vier.

Mokete is ter ondersteuning van die UV se toewyding om meertaligheid en multikulturaliteit in sy omgewing te bevorder, sê Lacea Loader, woordvoerder van die UV.

Verteenwoordigers van die UV se Qwaqwa- en Suid-kampus sal ook die fees bywoon met studente en personeel wat hulself onder meer deur visuele kuns, poësie, drama en musiek kan uitdruk. Dít in die tale wat oorheersend by die UV gebruik word – Engels, Afrikaans, Sotho, Zoeloe en Suid-Afrikaanse Gebaretaal.

Dr. Engela van Staden, vise-rektor: akademies en voorsitter van die UV se taalkomitee, sê Mokete is daarop gemik om die streektale en -kulture te bevorder wat in die UV se taalbeleid ingesluit is.

Die hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat. Foto: Jens Friis

“Die universiteit wil hê almal moet voel hulle is tuis en dat hulle trots op hul kultuur en taal kan wees. Ons wil ook hê hulle moet weet elkeen tel; almal het ’n stem en kan bydra tot die bou van ’n kultuur wat uitnemendheid inspireer,” sê Van Staden.

Die dag se aktiwiteite sal van 11:00 tot 21:00 hoofsaaklik op die Rooiplein, voor die hoofgebou, plaasvind.

Van die hoogtepunte sluit in die musiekvertonings Simple Stories en Early B tussen 19:00 en 21:00 op die hoofverhoog.

By stalletjies sal kultuureie kos te koop wees en die fakulteit mikrobiologie verkoop sy eie kaas en sampioene. Die fakulteit landbou sal bier en jenewer bied.

Donderdag sal die Mokete-aktiwiteite van 11:00 tot 13:00 in die Odeion met musiek en ’n toekenningsgeleentheid afsluit.

Meer oor:  Uv  |  Bloemfontein  |  Fees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.