Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
UV-rektor ‘geskok’ oor faksie wat toegang wou versper

Hy was “verbaas en geskok” oor die optrede van ’n faksie van Sasco wat dié week probeer het om toegang tot die Universiteit van die Vrystaat (UV) te versper, het prof. Francis Petersen, rektor en visekanselier, gesê.

Prof. Francis Petersen
Prof. Francis Petersen, rektor en visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat (middel), op ’n nuuskonferensie oor die voorval toe ’n Sasco-faksie die ingang na die UV wou versper. By hom is prof. Prakash Naidoo, viserektor: bedryf (links), en Lacea Loader, direkteur: bemarking en skakeling. Foto: Nyakallo Mahloko

Hy sê die UV het blitsvinnig opgetree toe ’n faksie van Sasco Woensdag in Bloemfontein probeer het om een ingang na die universiteit te versper en te verhoed dat ouers en studente toegang tot die kampus verkry.

Dit het geblyk dié studente was veral ongelukkig oor kwessies rakende die nasionale hulpskema vir studente (NSFAS).

“Die UV se benadering is om met die groep te praat. Hulle is voorberei om regstappe te neem of om veiligheidsdienste in te span om moontlike ontwrigting rakende die registrasiegeld te verhoed, maar dit sal die heel laaste opsie wees,” het Petersen op ’n nuuskonferensie gesê.

“Hulle het eiereg gebruik en verhoed dat studente en ouers inkom om meer raad te kry oor die status van studente, en om inligting oor NSFAS te bekom. Dit is vir my onaanvaarbare gedrag.”

“Dit is vir ons belangrik om onmiddellik op te tree en ons het met die studente gaan praat. Ons het verduidelik dit is nog nie tyd vir registrasie nie. Dit begin eers later in Januarie. Ons wou net seker maak dat die ouers en studente wel toegang tot die kampus kry.”

Ons mag dalk oor sekere dinge nie saamstem nie, maar ons werk saam.
Die lemmetjiesdraad wat aan die heining van die UV-kampus aangebring is in die #FeesMustFall-betogings. Foto: Nyakallo Mahloko

Petersen sê hul ontleding is dat die faksie van Sasco die studenteraad van die UV wil ondermyn. Met daardie fokus het hulle ’n strategie beraam hoe hulle met die studente gaan onderhandel.

“Ons interaksie met die groep gaan nooit sonder die studenteraad wees nie.”

Hy sê dit is belangrik om te wys dat die bestuur en die SR saamwerk.

“Ons mag dalk oor sekere dinge nie saamstem nie, maar ons werk saam. Die belangrike ding is as daar spesifieke uitdagings oor die registrasie van studente is, dan kyk ons hoe ons dit gesamentlik kan bestuur.”

Hy sê die ontwrigting is hopelik iets van die verlede, maar die UV sal dit fyn dophou.

Petersen het gesê die UV het reeds 52 000 aansoeke van voornemende studente vir 2019 gehad, maar het net vir 8 900 studente plek. Die registrasie begin op onderskeidelik 21 en 25 Januarie vir seniors en eerstejaars.

Studiegeld het vanjaar met 5,3% en verblyf met 7% gestyg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.