Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
UV-rektor nou voorsitter van finansies by Usaf

Die Universiteite van Suid-Afrika-forum (Usaf) het prof. Francis Petersen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), as voorsitter van sy komitee oor finansies en beleggings aangestel.

Prof. Francis Petersen. Foto: Deon Raath

Hy sal in sy termyn van drie jaar ook lid van Usaf se uitvoerende komitee en lid van die oudit- en risikokomitee wees.

Petersen sê dié nuwe rol sal vir hom dieper insig in sake van nasionale belang bied en hom die geleentheid gee om Usaf by die regering met kwessies soos klasgeld te verteenwoordig.

“Eerstens sal ek verseker dat die organisasie se finansiële model korrek werk en natuurlik voldoen aan al die reëls wat daarmee saamgaan.”

Ook die bestuur van toekennings wat Usaf van tyd tot tyd uit die bedryf en van sakeondernemings en stigtings ontvang, is deel van sy verantwoordelikheid.

“My fokus sal wees om die beste beleggingsopbrengste uit die fondse kry. Daar is baie gepraat oor #FeesMustFall en hieruit het ons die gesubsidieerde hoëronderwysmodel gekry.”

Dit behels dat gesinne wat onder R350 000 per jaar verdien, ’n toelae van die Nasionale Skema vir Finansiële Bystand vir Studente (NSFAS) kry.

“Maar daardie modelle is steeds nie so volhoubaar nie, so ons moet ’n bietjie daarna kyk.”

Wat klasgeld betref, is daar volgens hom ’n debat in die hoër onderwys oor of universiteite nog outonoom is.

“Die afgelope paar jaar het die minister van hoër onderwys begin aanbeveel hoeveel daardie gelde behoort te wees.”

Maar daardie aanbeveling is in ’n uitdagende politieke bedeling gemaak, sê hy.

Maar daardie modelle is steeds nie so volhoubaar nie, so ons moet ’n bietjie daarna kyk.

“As die minister so ’n aanbeveling maak, en jy beweeg buite daardie aanbeveling, is jy eintlik maar op eie risiko. En ek dink die studente sal jou uitdaag uit daardie oogpunt.”

Dit kom neer op die regulering van klasgeld en dit het weer ’n impak op die outonomiteit vir universiteite, sê hy.

As lid van Usaf se uitvoerende raad, sal hy sy individuele insette laat geld.

Sy kernfokus as lid van die forum se uitvoerende bestuur is om hoër onderwys nie net stabiel te maak nie, maar ook baie meer innoverend en toekomsgerig.

Hy voorsien baie beloftes oor klasgeld van politici in die aanloop tot die verkiesing volgende jaar.

“Ons gaan baie uitgedaag word in die volgende paar maande, maar as daar ’n direkte feit kom, sal dit van Naledi Pandor (minister van hoër onderwys) self kom.”

Willem Louw, voorsitter van die UV se raad, sê hy weet Petersen se bydrae sal nie net waarde tot Usaf toevoeg nie, maar ook tot die bedryf in geheel.

Meer oor:  Uv-Rektor  |  Usaf  |  Prof. Francis Petersen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.