Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
UV se taalplan ‘roekeloos’, sê Akademie

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se taalplan om Afrikaans uit te sluit of af te skaal, is “roekeloos, kortsigtig en teenproduktief”.

So sê dr. Dioné Prinsloo, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Luidens ’n verklaring sê sy “dit lyk of universiteite vreesagtig toegee aan die taal en ander eise van ’n minderheid anargisties georiënteerde studente wat geboue aan die brand steek en miljoene rande se skade aanrig”.

“Daar word vergeet van die derduisende studente wat ongesteurd wil studeer, hetsy deur die medium van Afrikaans of Engels,” sê sy.

“Dit word hoog tyd dat universiteite kragdadiger teen oproerige studente optree. Die regering behoort hierby ’n sterker standpunt in te neem en universiteite in dié verband te steun.”

Die Akademie het aansoeke van talle meesters- en doktorsgraadstudente van oral in Suid-Afrika ontvang om finansiering van hul studie deur die medium Afrikaans.

Die Akademie het verlede jaar ’n beursskema vir studente wat hul gevorderde studie in enige vakrigting in Afrikaans wil onderneem, bekend gestel.

Luidens die verklaring het vanjaar se aansoeke vir volgende jaar byna verdubbel.

“Teen die sluitingsdatum (wat einde Augustus was) is aansoeke van meer as R6 miljoen ontvang,” sê Prinsloo.

Beurse tot ’n maksimum van R120 000 vir voltydse doktorsgraadstudente en R60 000 vir voltydse meestersgraadstudente is verlede jaar vir 2016 toegeken.

“Die SA Akademie is verras met die getal aansoeke wat die beursbegroting ver oortref. Die Akademie gaan probeer om soveel as moontlik verdienstelike studente te help.”

Enige Suid-Afrikaanse student kan vir die beurse kwalifiseer. Al kontraktuele vereiste is dat die uitkoms in Afrikaans moet wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.