Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
UV tevrede met aanlyn registrasie

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se registrasieproses, wat vanjaar vir die eerste keer slegs aanlyn plaasvind, verloop goed.

Prof. Francis Petersen, rektor en vise-kanselier, sê die universiteit volg weens die pandemie “ ’n minimalistiese benadering” wat die terugkeer van personeel en studente in die eerste semester betref.

Volgens ’n verklaring deur die UV sal slegs ’n beperkte aantal studente, wat deur hul fakulteite gekontak moet word om te kan terugkeer, aanstaande maand ingevolge die Covid-19-protokolle terug op die kampusse wees.

Die universiteit sal ’n geïntegreerde benadering tot onderrig en leer hê – in sommige klasse sal kontak-onderrig en in ander afstandsonderrig geskied, terwyl sommiges ’n kombinasie van die twee sal aanbied.

Die hoofingang na die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat. Foto: Argief

Senior en nagraadse studente het op 8 Februarie begin registreer en kan dit nog tot 26 Februarie doen. Die eerstejaars sal van 1 tot 13 Maart registreer.

Die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) se eerstejaars registreer van 5 tot 10 Maart en sy seniors van 11 tot 16 Maart. Die registrasieproses sal oorwegend aanlyn wees.

Volgens Dan Maritz, SUT-woordvoerder, sal die eerstejaars op 15 Maart en die seniors twee dae later met hul klasse begin.

“Die universiteit moet nog besluit watter groepe studente toegelaat sal word om vir kontakonderrig na die kampusse terug te keer.

“Die meerderheid van die studente sal met aanlyn onderrig voortgaan totdat ’n laer vlak van inperking aangekondig word,” sê Maritz.

SUT handel nog die vorige akademiese jaar af en die uitslae sal op 2 Maart uitgereik word.

Studente se hoofassessering vir verlede jaar was van 18 Januarie tot 4 Februarie vanjaar.

Maritz sê die universiteit het verlede jaar meer as 91 000 aansoeke van voornemende studente vir 2021 ontvang. SUT gaan nie studente toelaat wat nie teen November aansoek gedoen het nie.

Maritz sê egter studente wat nie vroegtydig aansoek gedoen het nie, kan die webtuiste Central Application Clearing House (CACH) van die departement van hoër onderwys en opleiding besoek.

“Sodra studente deur CACH aansoek gedoen het, sal hul aansoeke onder al die universiteite gedeel word sodat hulle van die lys kan kies en keur indien plek beskikbaar is.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.