Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
UV voltooi sy akademiese jaar op 19 Desember

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal sy akademiese jaar op 19 Desember afhandel. Senior studente se 2021- akademiese jaar sal aan die begin van Maart en eerstejaars s’n teen middel Maart begin.

So het prof. Francis Petersen, rektor van die UV, Donderdag op ’n aanlyn mediakonferensie gesê.

Prof. Francis Petersen Foto: Deon Raath

Volgens hom is sowat 67% van die studente reeds terug op die onderskeie kampusse, waaronder byna al die studente van die fakulteit gesondheidswetenskap terug is.

Die UV sal voortgaan met ’n kombinasie van klas- en aanlyn onderrig.

Hy sê die universiteit hanteer die Covid-19-protokol taamlik goed.

Op ’n vraag of baie studente tydens die inperking uitgeval het, het Petersen gesê daar is verlede week vasgestel dat 780 studente nie op die aanlyn stelsel kon werk nie, maar hy dink dié getal is nou onder 600. Die situasie word opgevolg.

Uit die sowat 41 000 studente kon ’n klein persentasie studente dus nie hul studies voortsit nie, sê hy.

Oor die betaling van studiegeld het hy gesê dit is 42% van die universiteit se inkomste, waarvan die helfte deur die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) en die ander helfte deur studente self betaal word.

Van die studente wat self betaal, studeer 60% tot 70% met beurse. Dus sukkel die UV net om die oorblywende sowat 30% van studiegeld in te vorder.

“Ons is bekommerd daaroor, maar in vergelyking met verlede jaar is ons nog oukei.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.