Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
UWK se plek op wêreld-ranglys ‘nie toevallig’
universiteite

Die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) is onder die agt Suid-Afrikaanse universiteite wat aangewys is as van die 1 000 top-universiteite ter wêreld, volgens die QS World University se 2019-2020-ranglys.

“Ons plek op hierdie ranglys is nie toevallig nie – dit is ’n bewys van die belangrike vordering wat ons maak met navorsingsuitsette,” sê prof. Tyrone Pretorius, UWK-rektor en visekanselier.

Dit is nie die eerste keer dat die UWK dié ranglys haal nie.

Lees ook:

Agt Suid-Afrikaanse universiteite is in die QS-top-1 000 gelys: die Universiteit van Kaapstad (198); die Universiteit van die Witwatersrand (400); die Universiteit Stellenbosch (427); die Universiteit van Johannesburg (501-510); die Universiteit van Pretoria (551-560); Rhodes-Universiteit (801-1 000); die Universiteit van KwaZulu-Natal (801-1 000); en die UWK (801-1 000).

Eerste op die lys, vir die agtste agtereenvolgende jaar, is die Massachusetts Institute of Technology naby Boston in Amerika. Tweede is Stanford University, en derde Harvard University, albei ook in Amerika.

Ses aanwysers word gebruik om die universiteit se rangorde te bepaal: akademiese reputasie (40%), werkgewer-reputasie (10%) en die verhouding van akademiese personeel teenoor studente (20%), sitasies per fakulteit (20%), getal internasionale studente (5%) en internasionale personeel (5%).

“Die UWK se insluiting in die 1 000 top-universiteite wêreldwyd dui op ons groeiende reputasie,” sê Pretorius.

“Van ons nederige begin as ’n ‘bos-universiteit’, het die UWK stewig gegroei en ons gevestig as een van die wêreldleiers in akademiese uitnemendheid. Die UWK se suksesverhaal is ’n metafoor vir Suid-Afrika – en as ons dit kan maak, kan Suid-Afrika dit maak.”

https://www.topuniversities.com/university-rankings/world-university-rankings/2020

Meer oor:  Uwk  |  Uk  |  Universiteite  |  Ranglys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.