Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Vakansies dalk opgeoffer om skooljaar te red

Teen einde April sal Suid-Afrika se leerlinge reeds 40 dae van onderwys gemis het, sê Angie Motshekga, minister van basiese onderwys.

Sy het Vrydagaand in ’n telefoniese onderhoud op eTV-nuus Suid-Afrikaners weer verseker dat die 2020-skooljaar ondanks die uitbreking van die Covid-19-virussiekte suksesvol afgehandel sal word.

“Een van die planne is om vakansies in Junie en September te laat vaar. Dit is egter in dié stadium net ’n oorweging.

“Ons het verskillende scenario’s bestudeer ten opsigte van wat moontlik is en sal ons voorstel volgende week aan die kabinet voorlê.

“Sodra dit moontlik is, moet klasse vir gr. 12’s en gr. 7’s eerste ingefaseer word.”

Intussen kan leerlinge aan aanlyn werksessies deelneem om op datum te bly met hulle werk. Die departement van basiese onderrig bied onderrigpakkette en -programme vir leerlinge op sy webtuiste aan asook lesse op televisie en aanlyn. Net 30% van leerlinge het egter toegang tot die hulpbronne om die leerprogramme tuis te benut, volgens Motshekga.

Sy het reeds kort voor die verlenging van die nasionale staat van inperking beloof dat alles moontlik gedoen sal word om te verseker dat die sowat 600 000 matrikulante ondanks die huidige onsekerheid oor wanneer skole sal heropen wel vanjaar hul eindeksamens sal aflê.

Sy het toe ook gesê die skoolkurrikulum kan herorganiseer word, indien nodig.

“Ons kan dit nie bekostig om die handdoek in te gooi met die huidige skooljaar vir veral matrikulante nie. Die matrikulante sal gereed wees. Ons sal seker maak hulle skryf hul eindeksamens,” het sy toe gesê.

Meer oor:  Koronavirus  |  Skooljaar  |  Angie Motshekga  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.