Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Vakbond eis antwoorde oor skole in O-Kaap

Lede van die onderwysvakbond Sadtu het Dinsdag op die onderwysdepartement se verskillende streekskantore in die Oos-Kaap toegesak om al die verslae waarop die departement hul besluit berus het om skole te heropen, te eis.

Behalwe hiervoor het Sadtu ook geëis dat die departement ’n verslag rakende die huidige situasie met infeksies by skole in die provinsie aan hulle gee.

Sadtu se Oos-Kaapse tak het opnuut die provinsiale onderwysdepartement se besluit om leerlinge van ander grade by skole in te faseer, as roekeloos en kommerwekkend beskryf.

Die vakbond meen die skole moet summier gesluit word aangesien personeel en leerlinge reeds by 196 skole in die provinsie se twaalf onderwysdistrikte sedert die heropening daarvan deur die koronavirus geraak is.

Volgens Sadtu het onderwysdepartement op ’n onlangse vergadering toegegee skole gaan swaar gebuk onder die pandemie, maar daar word voortgestoom met planne om nog meer leerlinge te laat terugkom skole toe.

“Die jongste syfers toon die meeste skole het nou ’n doodslokval geword en die departement het nie die wil of die kapasiteit om die situasie in bedwang te hou nie.”

Luidens die vakbond se verklaring sal hulle 1 Julie as ’n dag van rou beskou om eer te betoon aan die leerlinge, onderwysers en werknemers by skole wat hul lewens aan Covid-19 verloor het.

“Die departement moet aanspreeklik gehou word vir die dood van leerkragte, leerlinge en werknemers sedert die heropening van skole.”

Sadtu het onderneem om hul eie breedvoerige verslag saam te stel oor die stand van Covid-19 by skole, en sal dié verslag aan die Menseregtekommissie voorlê.

Meer oor:  Sadtu  |  Oos-Kaap  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.