Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Veeltaligheid ’n geleentheid eerder as ’n las’

“Die voorstanders vir die behoud vir Afrikaans as ’n taal van tersiêre onderrig sal altyd die debat loshande wen. Die belangriker vraag is of hulle die oorlog wen?”

Dit is die vraag wat adv. Jan Heunis, president van die Universiteit Stellenbosch (US) se konvokasie, gevra het op ’n ontbytgeselligheid wat deur die Afrikanerbond se Suid-Kaap-streek gehou is.

Heunis het oor die stand van Afrikaans as onderrigtaal by die US gepraat by die geselligheid, wat Donderdagoggend in die saal van die NG kerk Welgeluk in Oudtshoorn gehou is.

“In 2016 het Afrikaans sy status as primêre onderrigtaal aan nog vier universiteite, insluitend die Universiteit van Stellenbosch, verloor. Dit is nou nog net ’n primêre onderrigtaal met ’n status gelyk aan dié van Engels, aan die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit,” het hy gesê.

Volgens Heunis is die vooruitsig van veeltaligheid by Suid-Afrikaanse universiteite ’n geleentheid eerder as ’n las. Daarom glo hy dat ander inheemse tale ook bevorder moet word tot wetenskapstale.

“Om ’n wetenskapstaal te bly, moet ons saam met die wetenskap ontwikkel. Om die middele te vind om eerder as om Afrikaans as ’n primêre taal van onderrig uit te faseer, die verantwoordelikheid te aanvaar om ’n inheemse taal, anders as Afrikaans, ook tot volwaardige akademiese taal te ontwikkel. Om meer te doen, nie minder nie.”

Volgens Heunis is dit ’n stryd wat nie net Afrikaanssprekendes kan aanvoer nie.

“Die uitdaging is om te besef dat ’n aanspraak om in ’n moedertaal onderrig te word ’n regverdige grondwetlik- gefundeerde aanspraak is. Veral dat dit verdien om voor gestry te word. Dat dit ’n stryd is wat Afrikaanssprekendes saam met ander bevolkingsgroepe kan stry.”

Hy sê dit sal egter baie verg om daardie punt te bereik.

“Dit verg geloof daarin dat daar nog ’n toekoms in hierdie land is, of weer een sal wees. Dit verg van studente om meer te doen as om net so gou as moontlik in enige taal hul kwalifikasies te verwerf sodat hulle ’n loopbaan hier of elders kan volg.”

Hy sê dit verg van sakemanne om nie skaam te wees vir hul standpunt oor Afrikaans as onderrigtaal nie en om dit doeltreffend en met oorgawe te bemark. “Kortom, hulle moet hul kant te bring. Dit verg van ons almal om hieroor standpunt in te neem. Nie in die geheim nie, maar in die openbaar – hard en duidelik.”

Meer oor:  Konvokasie  |  Us  |  Afrikaans  |  Afrikaners  |  Taal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.