Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Veiligheid in SA skole in wêreldwye verslag uitgelig

’n Internasionale opname waaraan 260 000 onderwysers in 48 lande deelgeneem het, het bevind Suid-Afrikaanse skole het meer gevalle van afknouery, dwelm- en alkoholverwante voorvalle, diefstal en vandalisme as skole in enige ander land.

Suid-Afrika is die enigste Afrika-land wat aan die Teaching and Learning International Survey (Talis)-opname oor die leeromgewing in verskillende lande soos Australië, Japan, Suid-Korea, Noorweë, Amerika en Brittanje deelgeneem het.

Die verslag van die 2018-opname is Dinsdag deur die nasionale basiese onderwysdepartement bekend gemaak.

Dit was ook die eerste keer dat Suid-Afrika aan die opname deelgeneem het.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het die

uitslae op ’n nuuskonferensie by die Nellmapius Secondary School, oos van Pretoria, bekend gemaak.

Luidens die opname het een uit drie (34%) van skoolhoofde berig dat intimidasie en afknouery minstens weekliks plaasvind. Dit is twee keer meer as die gemiddeld van die algehele studie. Sowat 27% van skoolhoofde het ook aangedui dat daar weekliks gevalle van die besit van dwelms en alkohol by hul skole was.

Motshekga het op die geleentheid erken dat dissipline ’n probleem in die sektor is wat aangespreek moet word.

Die verslag toon ook dat onderwys die eerste keuse vir ’n loopbaan vir 49% van onderwysers in die land was. Dit is die laagste persentasie van alle lande en ekonomieë wat aan die studie deelgeneem het.

Motshekga sê dié verslag is behulpsaam omdat dit onderwysers is wat verslag doen oor die onderwys.

“Ons het reeds begin om die verslag te bestudeer en ons leer lesse daaruit.”

Hou Netwerk24 dop vir meer oor die verslag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.