Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Venda: Universiteit ‘sal geen geweld meer duld’

Derduisende rande se skade is die afgelope twee weke op die kampus van die Universiteit van Venda (UniVen) in Thohoyandou aangerig tydens gewelddadige studentebetogings.

Studente het van 6 Maart af begin betoog omdat hulle nie geld van die Nasionale Skema vir Finansiële Bystand vir studente (NSFAS) gekry het nie.

Skole in Thohoyandou is ook deur betogende studente van die Universiteit van Venda ontwrig. Foto: SAUK

Takalani Dzaga, woordvoerder van die Universiteit van Limpopo, sê dit is veral geld vir kostoelaes en boeke wat nie deur NSFAS aan die studente betaal is nie.

Daar was einde Februarie ’n staking van werkers by NSFAS.

Duisende studente het vir dae lank op die kampus en voor die universiteitsingang in Thohoyandou betoog. Paaie is met brandende buitebande en takke versper.

Die polisie se openbareorde-eenheid is ontplooi en die gebied rondom die kampus het soos ’n oorlogsone gelyk.

“Die senaat veroordeel die gewelddadige betogings en die verwoesting van universiteitseiendom,” het Dzaga gesê.

Volgens hom het die studenteleierskap geweier om met die bestuur van die universiteit te vergader.

Die betogings het na omliggende hoërskole uitgebrei waar leerlinge nie klas bygewoon het nie.

Strate rondom die Universiteit van Venda in Limpopo is deur betogers versper. Foto: SAUK

UniVen moes noodgedwonge verlede week alle klasse opskort en die kampus sluit om te voorkom dat nog skade aangerig word.

Volgens Dzaga is die studente se geld van NSFAS intussen betaal.

Klasse sal Maandag hervat word. “Ons sal nie enige verdere geweld en beskadiging van eiendom duld nie. Klasse sal ook nie verder ontwrig word nie,” sê Dzaga

Die polisie sal Maandag by die kampus ontplooi word om te verseker dat gemoedere nie weer opvlam nie.

Meer oor:  Nsfas  |  Thohoyandou  |  Universiteite  |  Geweld  |  Hoër Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.