Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Vereniging vir Afrikaans-dosente gestig

Die Internasionale Vereniging vir Afrikaans (IVA) is pas in Stellenbosch deur verteenwoordigers van Afrikaansdepartemente aan universiteite gestig.

Prof. Wannie Carstens, ’n oudvoorsitter van die SA Akademie en Direkteur van die Skool vir Tale op die NWU se Potchefstroom-kampus, sê die IVA verbind Afrikaansdosente oor die land heen. Die stigting is aanvanklik deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns begin.

Carstens sê deur die IVA sal dosente en studente in Suid-Afrika en oor die wêreld heen saam gemeenskaplike probleme kan takel en sinergieë ontwikkel.

Prof. Rufus Gouws, voorsitter van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch, sê daar is besluit om saam te werk om Afrikaans as akademiese taal en as vak te bestendig.

Deur samewerking onder die vaandel van die IVA sal die isolasie van dosente aan verskillende universiteite volgens Gouws beëindig word. Dosente sal saam aan probleemoplossing, kursusontwikkeling en toeganklikheid kan werk.

'n Studenteverteenwoordiger van die Universiteit Stellenbosch, Giselle Botha, glo die IVA sal dit vir studente makliker maak om by die regte dosente uit te kom. Dosente sal hul spesialisgebiede op die IVA se webwerf aandui.

Die vergadering het ook besluit om Afrikaanse taalkundiges uit te nooi om lid te word van die IVA. Daar sal ook nouer met Afrikataalsprekers saamgewerk word.

Van die ander prioriteite wat Saterdag op die stigting bespreek is, is die fokus op Afrikaans as ’n nasionale en internasionale kennisbate, die vestiging van 'n e-portaal om toegang tot hulpbronne in Afrikaans te verbeter, asook ? oudit van aanbod en behoeftes by plaaslike Afrikaansdepartemente.

Dosente en studente sal ook deelneem aan taalbewusmaking in gemeenskappe, gemeenskapsgerigte navorsing bevorder, en uitreik na skole ter verbetering van Afrikaansonderrig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.