Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Veroordeelde pedofiel neem glo foto’s by Kaapse skool
Die brief wat die skool Vrydag uitgereik het.Foto: Verskaf

'n Veroordeelde seksoortreder en pedofiel wat glo by die Rondebosch Boys’ High School in Kaapstad opgemerk is terwyl hy foto’s van leerlinge neem, het die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) genoop om regsadvies in te win.

Ouers van leerlinge aan die skool is ontsteld nadat die skool hulle Vrydag in ’n omsendbrief gewaarsku het dat ’n veroordeelde seksoortreder en pedofiel volgens die polisie se kinderbeskermingseenheid glo gesinne nader oor private kunsklasse vir hul kinders.

Die dag daarna is hy by ’n sportdag van die skool opgemerk op ’n “openbare veld”. Die WKOD wil onder meer weet of hy enigsins daar mag wees.

William John Creasey (73) was ses jaar in die tronk weens ’n reeks seksuele misdrywe teen kinders. Die meeste van sy slagoffers was seuns net ouer as 12. Die polisie meen hy het dekades lank seuns gefotografeer en seksueel aangerand.

Skuldig aan 13 aanklagte

Creasey is in 2004 skuldig bevind aan 13 aanklagte, waaronder seksuele aanranding (toe bekend as onsedelike aanranding), die pleeg van ’n onsedelike daad met ’n minderjarige en die oortreding van die Wet op Rolprente en Publikasies.

Hy is in 2009 op parool vrygelaat. Toe sy parooltydperk verstryk het, was hy weer ’n vry man.

Luidens die skool se omsendbrief het Creasey glo aangebied om private kunslesse aan twee leerlinge van die skool te gee. Creasey het glo selfs sover gegaan om skilderye van die seuns wat hy gefotografeer het, te skilder en dit aan gesinne te wys met die aanbod van nog skilderye van die kind as hy vir Creasey poseer.

Skool was proaktief

Die skool sê omdat Creasey skuldig bevind, gevonnis en tronkstraf uitgedien het weens kindermolestering, en omdat hy in die register vir seksoortreders verskyn, mag hy onder geen omstandighede minderjariges nader of enigiets met hulle te doen hê nie.

Bronagh Hammond, woordvoerder van die WKOD, sê die bewerings is uiters kommerwekkend.

“Ek kan bevestig dat die persoon van belang die naweek op een van die openbare velde by die skoolsportbyeenkoms was. Die polisie is ingelig en die persoon is van die veld af begelei. Die skool sal verder met die polisie skakel oor hul kommer en oor die gebeure Saterdag.”

Hammond sê die skool was proaktief en het ouers vroegtydig gewaarsku oor die persoon en sy geskiedenis –wat daartoe bygedra het dat ouers waaksaam was tydens die naweek se sportbyeenkoms.

Hammond het die skool se proaktiewe kommunikasie geloof. “Die beskerming van ons leerlinge is uiters belangrik.”

Meer oor:  Wkod  |  Pedofiel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.