Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Verslag oor uitlek van vraestelle kort nog werk – Angie

Die Valke en die nasionale onderwysdepartement se ondersoek na die uitlek van twee vraestelle in vanjaar se matriekeindeksamen is nog nie afgehandel nie.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sal dus eers later die week ’n aankondiging doen, luidens ’n verklaring wat Dinsdag namens haar uitgereik is.

Die raad van onderwysministers het die oggend vergader om na die voorlopige verslag oor die ondersoek te kyk.

Nadat die verslag bespreek is, is ooreengekom dat meer werk daaraan nodig is.

Die raad bestaan uit die politieke en bestuurshoofde van die nasionale en provinsiale departemente van onderwys.

Die Valke staan die departement in die ondersoek by.

Die tweede wiskunde-vraestel is op 16 November geskryf, maar is voor die aanvang van die eksamensessie na leerlinge in minstens agt provinsies versprei.

Die tweede fisiese wetenskap-vraestel is ’n week later ook uitgelek. Mogale sê die ondersoek na die uitlekking van ander vraestelle duur voort. Sy het bygevoeg nog arrestasies word binnekort verwag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.