Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Vierde rekord vir Oranje se Charné
Charné Wansbury, naelloper van die Hoër Meisieskool Oranje, het hierdie seisoen reeds vier byeenkomsrekords verbeter. Foto: Bloemfontein Action Photos

Nóg ’n byeenkoms, nóg ’n rekord vir die Hoër Meisieskool Oranje se naelloopsensasie, Charné Wansbury.

Dié 14-jarige het Vrydag op die Hoërskool Sentraal se Top 20-byeenkoms in die Mangaung-stadion die 100 m vir meisies o.15 in ’n rekordtyd van 12.04 sek. afgeblits. Die vorige rekord (12.12) het sedert 2007 gestaan. Dit was Charné se vierde rekordtyd dié seisoen. Sy is as die beste meisiesatleet in ’n baannommer aangewys. Sy het ook ’n sege in die 200 m behaal in ’n tyd van 25.51.

Oranje is as die beste meisiespan aangewys en is ook die nie-amptelike wenner van die byeenkoms deurdat hy die meeste punte en medaljes (15) van al die deelnemende spanne (30) ver­samel het. Die 15 medaljes bestaan uit vier goud, agt silwer en drie brons.

Charné het vroeër vandeesmaand ook die HTS Louis Botha-uitnodigingsbyeenkoms se 100 m-rekord vir o.15’s na 12.48 verbeter. In Oktober verlede jaar op die Grey/OMS-byeenkoms het sy die 200 m vir o.14’s – ’n rekord wat 17 jaar gestaan het – in ’n nuwe rekordtyd van 24.96 genael.

Kort daarna, op die JP Botha JF-byeenkoms, het Charné ook die vinnigste tyd nóg op dié byeenkoms in die 200 m (25.52) opgestel.

Roline Louw (400 m, o.15) en Zanelle Jansen van Rensburg (400 m, o.17, 63.97) was Vrydag verantwoordelik vir Oranje se ander twee eerste plekke.

Meer oor:  Hoër Meisieskool Oranje  |  Atletiek  |  Rekord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.