Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Virus kortwiek 40ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie

Volksblad en die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Matrikulant van die Jaar-kompetisie, wat vanjaar die 40ste keer aangebied sou word, is weens die koronavirus-pandemie van die baan.

Dié kompetisie fokus op uitblinker-matrikulante wat nie net akademies nie, maar ook op sport-, kultuur- en velerlei ander gebiede presteer.

Met die akademiese skooljaar wat vanjaar grootliks deur die inperkingsmaatreëls omvergewerp is en waar geen sport- of kultuuraktiwiteite kon plaasvind nie, het die organiseerders besluit om dit nie vanjaar aan te bied nie.

Pieter Hoogenboezem van die Hoërskool Pietersburg was verlede jaar se Matrikulant van die Jaar. Hier wens sy ouers, Eldi en Pieter, hom geluk pas nadat hy gehoor het dat hy die wenner. Hy studeer nou fisioterapie. Foto: Charl Devenish

Gert Coetzee, redakteur van Volksblad, het sy spyt daaroor uitgespreek. “Dit is regtig hartseer, maar ons het geen ander keuse nie. Die arme gr. 12-leerlinge skryf eers in November eksamen met geen sport-, kultuur- of enige ander aktiwiteite nie.

“Maar ons sal dié gesogte kompetisie aanstaande jaar voortsit,” het hy gesê.

Nomonde Mbadi, direkteur van studentewerwingsdienste aan die UV, is eweneens ontsteld oor die verwikkelinge.

“Die UV was baie jare ’n trotse borg van dié kompetisie en vanjaar sou dit die viering van 40 jaar se uitnemendheid wees – die viering van baie jong mense wat Kovsies hul tuiste gemaak het.

“Dit was nog net ’n plesier om te sien hoe dié jong volwassenes blom en om te weet hulle gaan nog groot dinge in hul gekose beroepe behaal.”Sy is ook baie hartseer omdat vanjaar ’n groot feesviering sou wees. “Ons hoop almal besef dit was ’n baie moeilike besluit om die kompetisie vanjaar te kanselleer.

“Maar moenie moed opgee nie. Moenie hoop verloor nie. Julle is sterre en julle sal aan die einde van die jaar oorwin,” is Mbadi se boodskap aan vanjaar se matrieks.

Esmé Aucamp, voorsitter van die beoordelaarspaneel en lid van die Kovsie Alumni Trust wat die hoofborg van die kompetisie is en aan elk van die 25 top-matrikulante in die kompetisie ’n beurs skenk, sê: “Alles het mooi in plek begin val vir die 40ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie, wat moontlik die hoogtepunt van alle tye sou wees.

“En toe kom Covid-19, wat die hele wêreld laat stilstaan en ‘normaal’ vir altyd verander het. Die wete dat ons absoluut niks aan die situasie kan doen nie, kan nie ons hartseer en teleurstelling teenoor die matrieks van 2020 verlig nie! Om eendag te sê ‘my matriekjaar is grootliks deur die virus bepaal’ gaan maar net ’n harde werklikheid wees.

“Ek hoop elke potensiële deelnemer sal moed hou en koers hou, en volhard op ’n goeie pad, en dat die genade van die Vader hulle (en sommer alle matrikulante) sal omvou en dat julle Sy krag, liefde en omgee in jul lewe sal ervaar!” Aucamp bedank ook al die borge en beoordelaars wat gereed was om vanjaar ’n spesiale jaar te maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.