Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Visekanselier van KSUT skielik met verlof
Prins Nevhutalu.Foto: Blanche de Vries

Die raad van die Kaapse Skiereiland-Universiteit van Tegnologie (KSUT) het die visekanselier, Prins Nevhutalu, tot verdere kennisgewing op spesiale verlof geplaas.

Volgens ’n e-pos van Mbulelo Bikwani, voorsitter van die raad, is Prins sedert Vrydag met verlof.

Bikwani het geen redes in sy e-pos, wat aan alle studente en personeel gestuur is, aangevoer nie.

Studente van die universiteit se FeesMustFall-beweging het sowat twee weke gelede gedurende ’n algemene vergadering geëis dat Prins moet bedank.

Studente het toe later tydens die vergadering woedend geword toe Prins uit vrees vir sy lewe weggehardloop het en hulle hom agternagesit het.

In ’n petisie wat al deur meer as 4 500 mense onderteken is, word Prins se kop ook geëis.

“Hy is net op verlof om die fokus van hom te verskuif, maar ons bly vasbeslote dat hy moet bedank,” het Siyasamnkela Vutula van die FeesMustFall-beweging gesê.

Volgens haar gaan die verlof nie al sy foute regmaak of ’n beter leier van hom maak nie.

Klasse by die universiteit is opgeskort weens geweldadige betogings waarin, onder meer, gratis onderrig geëis word.

Meer oor:  Ksut  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.