Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Voorlopige skoolkalender vir 2023 bekend

Die departement van basiese onderwys het sy voorlopige skoolkalender vir 2023 uitgereik sodat belanghebbende partye daarop kan kommentaar lewer.

Luidens die rooster sal die skole aan die kus se eerste kwartaal van 18 Januarie tot 31 Maart duur, en dié van binnelandse skole van 11 Januarie tot 24 Maart.

Onderwysers aan die kus sal op 16 Januarie begin werk, en dié in die binneland op 9 Januarie.

Daar is ook voorgestel dat die vierde kwartaal vir alle skole landwyd van 10 Oktober 2023 tot 13 Desember 2023 duur.

Indien hierdie kalender goedgekeur word, sal daar 199 skooldae vir leerlinge wees, en 203 vir onderwysers.

Die departement sê partye wat kommentaar wil lewer, moet dit skriftelik doen en daar is net ’n maand daarvoor uitgesit.

Terwyl kommentaar vir die 2023-kalender versoek is, is die 2022-kalender uitgereik.

Skole sal na verwagting op 10 Januarie 2022 vir onderwysers begin en op 12 Januarie vir leerlinge.

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het reeds op die 2023-kalender kommentaar gelewer.

Juané van der Merwe, bestuurder van Fedsas se regsdienste, sê almal hoop op ’n normale skoolkalender ná die onderbrekings sedert Maart verlede jaar.

Soos met die 2022-kalender is dié sluitingsdatum net vir die onderwysers. Leerlinge sal waarskynlik reeds hul eksamens afgehandel hê en nie by die skool wees nie.

Skole is in Maart verlede jaar gesluit weens die toename in infeksies met die koronavirus. Hulle het in Junie weer geopen, maar is in Julie weer gesluit.

Die begindatum vir vanjaar is ook verander as gevolg van die tweede vlaag van infeksies.

Van der Merwe sê sy dink in 2023 sal daar ’n mate van normaliteit wees danksy die inentingsprogram wat tans goed verloop.

Sy sê Fedsas het kommentaar gelewer oor die voorgestelde skoolkalender en dat dit gerusstellend is dat die departement proaktief optree deur die kalender vroeër vir kommentaar beskikbaar te stel.

Die enigste bekommernis wat Fedsas het, is dat skole eers baie laat in Desember sluit.

“Soos met die 2022-kalender is dié sluitingsdatum net vir die onderwysers. Leerlinge sal waarskynlik reeds hul eksamens afgehandel hê en nie by die skool wees nie.”

Fedsas sê dit sal ook ’n uitwerking hê op die merk van die matriek-antwoordstelle.


Meer oor:  2023-Skoolkalender
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.