Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Vrese nadat VS-kinders positief toets

Vrese oor die gedeeltelike heropening van skole Maandag is versterk nadat heelwat kinders in die Vrystaat positief vir Covid-19 getoets het.

In die jongste voorval is twee van die nege mense wat onlangs in Bethulie positief getoets het, kinders.

Netwerk24 verneem minstens nog vier Vrystaatse kinders het die afgelope tyd positief vir die gevaarlike virussiekte getoets, onder wie ’n 16-jarige kind van die Setsotho-munisipaliteit (Senekal) en ’n 12-jarige kind van Heilbron in die Noord-Vrystaat. Boonop is daar ook heelparty ander in die Vrystaat.

Dr. David Motau, hoof van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, bevestig dat ’n paar kinders in die provinsie positief vir Covid-19 getoets het, maar sê sover hy weet, is die meeste van hulle weer gesond.

Ouers in die provinsie, en veral in Bethulie, is egter huiwerig om hul kinders Maandag terug skool toe te stuur.

Dr. Cloete van Vuuren, hoof van die departement interne geneeskunde by die 3 Militêre Hospitaal in Bloemfontein, sê egter ouers moet kalm bly.

“Gaan dié wat hul kinders nie vanjaar skool toe stuur nie, dit ook volgende jaar doen,” vra Van Vuuren, een van drie spesialiste in oordraagbare siektes in die Vrystaat.

“Gaan dié wat hul kinders nie vanjaar skool toe stuur nie, dit ook volgende jaar doen.

Montseng Tsiu, Vrystaatse LUR vir gesondheid, sê intussen hoewel die kollig nou op Bethulie val nadat ’n man (57) van dié dorp Sondagnag aan die virussiekte gesterf het en nog nege mense besmet is, is Thabo Mofutsanyana (Oos-Vrystaat) ’n groter brandpunt. Nie minder nie as 14 mense daar is positief getoets.

Die dood van een van hul inwoners in ’n Bloemfonteinse private hospitaal het skokgolwe deur die Bethulie-gemeenskap gestuur, veral onder sy kollegas by Bloemwater, waar hy jare lank in ’n bestuurspos was.

Dié man se vrou en drie kinders is reeds in isolasie geplaas.

Tsiu sê die gesondheidsdepartement het vergaderings in Bethulie gehou waar onmiddellik met ’n proses van massa-skandering en -toetsing begin is, terwyl op verskeie plekke in die res van die Vrystaat ook hiermee voortgegaan word.

Solly Phama, woordvoerder van die Kopanong-munisipaliteit, waaronder Bethulie val, het Dinsdag gesê voertuie van die gesondheidsdepartement is oral op die dorp te sien soos wat geskandeer en getoets word.

Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, het bevestig dat sy departement moontlik ’n kwarantyn-sentrum by die Tussen Die Riviere-natuurreservaat by Bethulie wil inrig. Die departement wil die kwarantyn-sentrums so na as moontlik aan die mense bring, het hy gesê.

* ’n Vrou (76) van Langenhovenpark in Bloemfontein het Maandag in dieselfde private hospitaal as die man van Bethulie gesterf.

Volgens haar naasbestaandes het sy vermoedelik by ’n dogter aangesteek wat by ’n vulstasie in die stad werk, waar vier mense positief vir Covid-19 getoets het.

Tsiu het Dinsdagoggend gesê dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het op ’n parlementêre vergadering op die Zoom-internetplatform gesê Mangaung is nog nie ’n brandpunt nie, “maar moet fyn dopgehou word”.

Sy sê die gesondheidsdepartement kan nie nou laat slaplê nie en sal alle mense wat moontlik met mense in aanraking was wat positief getoets het, moet opvolg en hulle isoleer.

* In die Noord-Kaap is vyf nuwe gevalle by die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement aangemeld.

Meer oor:  Koronavirus  |  Leerlinge  |  Skole  |  Toets
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.