Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
VS-universiteite open Maandag aanlyn

Die Vrystaatse universiteite hervat Maandag hul akademiese jaar deur middel van aanlyn onderrig.

Studente aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) en die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal Maandag by die huis agter hul lessenaars inskuif om met die tweede kwartaal se studies te begin.

Sentrale Universiteit vir Tegnologie.

Dié universiteite sal leermateriaal op aanlyn platforms verskaf weens die huidige staat van inperking en die bedreiging wat die Covid-19-pandemie inhou. Die akademiese wêreld is een van vele sektore wat ingrypend deur dié virussiekte geraak is.

Die SUT koop altesaam 4 000 elektroniese toestelle, skootrekenaars en rekenaartablette aan om studente wat nie toegerus is nie, vir die aanlyn onderrig te akkommodeer, sê Dan Maritz, SUT-woordvoerder.

Die toestelle sal aan die studente geleen word. Die universiteit kyk ook na opsies wat data betref vir behoeftige studente.

Studente sal egter gratis toegang hê tot onder meer hul akademiese platform eThuto, waarop die leermateriaal gelaai word. Dit beteken hulle hoef nie data te hê om hul leerwerk te bekom nie.

“Ons ontwikkel ook alternatiewe vir studente in afgesonderde gebiede met beperkte tot geen toegang tot e-tegnologie nie,” sê Maritz.

Die SUT sal ’n kombinasie van onderrigmateriaal aanlyn bied wat insluit voorafopgeneemde video’s van dosente, geskrewe leermateriaal, handboeke, PowerPoint-skyfies, ekstra aantekening en video-oproepe met dosente, veral vir vakke met groot praktiese komponente.

Die universiteit besluit nog hoe hy die eksamen sal hanteer.

Prof. Francis Petersen, UV-rektor, het vandeesweek ’n brief aan studente se ouers en voogde oor aanlyn onderrig uitgereik.

Petersen sê die beste opsie vir die UV om onderrig voort te sit, is om dit aanlyn te doen.

Die hoofgebou van die Universiteit van die Vrystaat. Foto: Argief

“Dit beteken studente sal die semester by die huis voortsit deur die internet te gebruik.”

Petersen sê die UV kyk na die ontwikkeling van tegnologies eenvoudige benaderings tot onderrig en leer wat sensitief is vir uitdagings met onder meer internetverbinding en die tipe toestelle wat studente gebruik.

“Ons herontwerp ons akademiese inhoud sodat dit so min data moontlik gebruik.”

Voorts het die UV ’n publikasie, “Keep Calm, #UFSLearnOn”, begin om aan studente wenke in die tyd van aanlyn onderrig te verskaf.

Die UV sou laat Vrydagaand verdere besonderhede oor sy aanlyn onderrig uitreik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.