Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
VSA gee R8 miljoen vir weerstasieprojek van UV

Die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika het ’n toelae van R8 miljoen toegeken aan ’n gesamentlike akademiese program tussen die Universiteit van die Vrystaat (UV) en die Appalachian State University (App State) in Noord-Carolina in Amerika.

Luidens ’n mediaverklaring sal dié toelae die program, wat onder meer gemik is op die oprigting van weerstasies in die Maloti-Drakensberg, versterk en ook die akademiese speelveld vir jong swart vroue verbreed.

Die akademiese program is op die Qwaqwa-kampus van die UV gevestig en is ook daarop gemik om leierskap te ontwikkel en om twee meestersgraad-studieprogramme in bergstudie en gemeenskapsontwikkeling by die universiteite te stig.

Die Universiteit van die Vrystaat se Qwaqwa-kampus is aan die voet van die Maloti-Drakensberg. Foto: Evert Kleinhans

Die toelae van die ambassade word oor die volgende twee jaar in Suid-Afrika aan die program oorbetaal.

Dr. Jesse Lutabingwa, vise-kanselier vir internasionale opvoeding en ontwikkeling by App State, sê hy is baie opgewonde oor die projek.

“Die projek gaan vir ons die geleentheid bied om die fakulteit, opvoeders en studente van ons departement van geografie en beplanning met dié van die UV te verbind.”

Lutabingwa, in samewerking van dr. Grey Magaiza, hoof van die departement vir gemeenskapsontwikkeling op die UV se Qwaqwa-kampus, sal die projek bestuur.

Lutabingwa sê een van die belangrikste uitkomste van die projek is die installering van vyf meteoriese weerstasies in die Maloti-Drakensberg.

Danksy die weerstasies sal die klimaat in die bergreeks gemonitor en vergelyk word met die opnames van weerstasies op Mount Mitchell in die Appalagiese bergreeks.

Die doel is om ’n koordlose sensornetwerk te ontwikkel wat data kan opneem, berg en verwerk om die data van die verskillende weerstasies met mekaar te vergelyk.

Dr. Geofrey Mukwanda, professor in geografie en projekleier op die Qwaqwa-kampus, sê die toelae is een van die beste dinge wat in jare met die UV gebeur het.

“Om navorsingsgeleenthede en leierskap te bevorder is broodnodig vir ’n universiteit in die 21ste eeu. Dit is die basis vir die bou van ’n volhoubare toekoms as ’n instansie vir tersiêre opvoeding.”

Mukwanda het die Amerikaanse regering en hul vennote by die App State University bedank.

Die akademiese verhouding tussen die twee universiteite spruit uit ’n jare lange vennootskapsooreenkoms sedert 2009.

Meer oor:  Universiteit Van Die Vrystaat  |  Amerika  |  Weer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.