Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
W-Kaap, departement in geskil oor skolewet

Die nasionale departement van basiese onderwys en die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) is in ’n geskil oor sekere bepalings in die provinsie se skolewysigingswet.

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys. Foto: Deon Raath

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die nasionale departement, het aan Netwerk24 gesê die geskil handel oor drie aspekte: die evalueringsowerheid, samewerkende skole en skenkerskole.

“Hierdie drie gebiede is nie in die pas met bestaande wette en ooreenkomste in die sektor vir basiese onderwys nie.”

Hy sê kragtens die geskilbeslegtingsproses moet Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, en Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, hieroor vergader.

’n Datum is nog nie vasgestel nie, maar is dit volgens Mhlanga die volgende stap in die proses.

Jessica Shelver, Schäfer se woordvoerder, sê die geskil raak nie die inwerkingstelling van die wysigingswet nie.

Dit is geldig, tensy en totdat dit of ’n deel daarvan deur ’n bevoegde hof ongeldig verklaar is, sê Shelver.

“Die geskil word kragtens die Wet op die Raamwerk vir Interregeringsbetrekkinge hanteer. Ons probeer die geskilpunte oplos.”

Nuwe hoofevalueerder

Karen Bydell is as hoofevalueerder van die skole-evalueringsgesag aangestel.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys Foto: Argief

Bydell, wat byna 45 jaar se ondervinding in die onderwys het, se kontrak geld vier jaar.

Sy sê in die verklaring waarin haar aanstelling aangekondig is sy is verheug oor die geleentheid om die nuwe evalueringsgesag te lei.

“Dit is ’n geweldige geleentheid om ons skole te verbeter en om die standaard van onderwys te verhoog.

“Ek glo dat my ervaring, vaardighede en eienskappe sal verseker dat die evalueringsgesag suksesvol gevestig word, en my fokus is om die vermoë daarvan op te bou en doeltreffend te skakel met die res van die onderwysstelsel in die Wes-Kaap.”

Meer oor:  Elijah Mhlanga  |  Wes-Kaap  |  Onderwys  |  Onderwysdepartement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.