Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
W-Kaapse skole maak reg vir leerlinge se terugkeer

Die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD) sê sy skole het vanjaar meer tyd as gewoonlik gehad om voorbereidings te tref en maak gereed om leerlinge teen 15 Februarie terug te ontvang.

Die departement het Maandag gesê ondanks sprake daarvan dat skole in sommige provinsies nog nie gereed is nie, verwag hy nie dat die datum vir die terugkeer van die leerlinge verder uitgestel gaan word nie.

Onderwysers het aan die begin van verlede week teruggekeer na skole om voor te berei om hul leerlinge weer te ontvang.

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys. Foto: Deon Raath

Debbie Schäfer, LUR vir onderwys, sê dit is verstaanbaar dat ouers dalk angstig oor die heropening van die skole kan wees.

“Ek vra dat ouers die koste om die skole gesluit te hou moet oorweeg en te fokus op die beskikbare bewyse oor Covid-19 en skole wat ek uitgestippel het. Ons mag nie toelaat dat angs die feite en advies van kenners oorheers nie.”

Ouers wat daarteen gekant is om hul kinders terug skool toe te stuur kan steeds sorg dat hulle tuis leer, solank as wat hulle bereid is om hul skoolwerk te gaan haal.

Schäfer sê ouers moet egter nie ander leerlinge verhoed om skool by te woon nie.

Ons mag nie toelaat dat angs die feite en advies van kenners oorheers nie.

Kerry Mauchline, Schäfer se woordvoerder, het by navraag gesê die distriksbestuurders van die WKOD is in kontak met alle skole om seker te maak dat daar genoeg beskermende toerusting is.

Dieselfde veiligheidsprotokolle as verlede jaar geld, onder meer die dra van maskers, die handhaaf van ’n veilige afstand, ontsmetting en die klasroosters wat aangepas is.

Mauchline het gesê die normale administratiewe werk aan die begin van die skooljaar word afgehandel en skole het “baie meer tyd as gewoonlik” gehad om vir die terugkeer van leerlinge voor te berei.

“Aanvullende handboeke word afgelewer, ander voorraad word gemonitor en die behoefte aan instandhoudingswerk word nagegaan.”

Meer oor:  Debbie Schäfer  |  Skole Heropen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.