Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Wag geskors wat leerlinge glo seksueel misbruik

’n Veiligheidswag by ’n laerskool in Delft, buite Kaapstad, is verlede week geskors ná beweringe dat hy leerlinge glo seksueel misbruik het.

Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD), het die voorval by The Hague Primary School bevestig.

Sy sê die beweerde oortreder is deur die skool se beheerliggaam aangestel.

“Hy is summier geskors. Die skool het dadelik kinderbeskermingsdienste in kennis gestel.”

’n Maatskaplike werker het reeds die skool besoek en die betrokke leerlinge bygestaan, sê sy.

“Besonderhede is nog nie duidelik nie, maar die beweringe is baie kommerwekkend.”

Volgens haar het die skool die voorval reeds by die polisie aangemeld.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het egter by navraag gesê geen strafregtelike saak is geopen nie.

Meer oor:  Wkod  |  Bronagh Hammond  |  Kaapstad  |  Delft
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.