Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Weerlig eis lewe van Gautengse leerling

Die sterftesyfer van leerlinge aan skole in Gauteng styg bykans daagliks.

Daar was sedert Vrydag ook talle voorvalle wat daartoe gelei het dat leerlinge in dié provinsie mediese behandeling moes kry.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het Saterdag bekend gemaak dat ’n gr. 5-leerling aan die Diepsloot Primary School dood is toe sy deur weerlig getref is. 

Volgens Lesufi is die meisie deur weerlig getref terwyl sy Vrydagmiddag saam met skoolmaats huis toe gestap het.

Op dieselfde dag is ’n gr. 3-leerling aan die Zenzeleni Primary School ná ’n kort siekte in sy slaap dood.

Die seuntjie is tuis oorlede.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng. Foto: Argief

Lesufi sê hul span sielkundiges gaan Maandag al die betrokke skole besoek om berading en ander nodige hulp te verleen.

“Ons wil ons medelye uitspreek aan die families, vriende, en die breër skoolgemeenskap van albei leerlinge in dié moeilike tyd.

“Dit is emosioneel uitputtend, maar ons stoom voort,” sê Lesufi.

Vrydag is sowat 16 leerlinge van Vusisizwe Primary School in Zola, Soweto, na 'n kliniek gebring vir behandeling nadat hulle lekkers geëet het, waarvan die datum verval het.

Die leerlinge het die lekkers by die skool by ’n smous gekoop.

Hulle is om 21:00 uit die kliniek ontslaan ná behandeling.

’n Leerling aan die Lyndhurst Primary School is in die Charlotte Maxeke-hospitaal opgeneem nadat sy Vrydag by die skool van ’n swaai afgeval het. Sy is dieselfde dag ontslaan.

Benewens al die beserings, het skokkende beeldmateriaal aan die lig gekom van leerlinge van Randfontein Secondary School en Wendywood High School wat by die skool in skermutselings betrokke was.

By Randfontein word ’n leerling sleg geskop terwyl hy hulpeloos op die grond lê.

“Amptenare gaan Maandag die skole besoek om ondersoek in te stel na die verskriklike dade. Die nodige stappe sal gedoen  word.

“Ons sal nie sulke gebrek aan dissipline duld nie,” sê Lesufi.

Meer oor:  Panyaza Lesufi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.