Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Welkom se 4-ling skool toe

Die Dagbreek Primary School in Welkom se vierling het gemengde gevoelens oor die grootskool wat vanjaar vir hulle wag, sê hul ma, Yvonne Mokobe.

Die vier, wat in Julie sewe word, het Woensdag bedeesd in hul spoggerige rooi skoolklere aangemeld vir hul eerste skooldag.

Tshimilogo, die enigste seun van die vierling, se lewe is maar taai onder sy drie susters, skerts hul pa, Lebogang, ’n beroepsoldaat en lid van die weermag se eenheid vir die beskerming van baie belangrike persone.

Lebogang is in Pretoria gestasioneer, maar was Woensdag spesiaal in Welkom om sy vierling se eerste skooldag by te woon.

Die Dagbreek Primary School in Welkom spog vanjaar met ’n vierling. Hier is die Mokobe-span, van links is Oarabile, Onthatile, Tshimologo en Omphile. Foto: Alet van der Walt

Die drie dogters, Oarabile, Onthatile en Omphile, spog met eenderse Maphondo-haarstyle.

Ma Yvonne, ’n administratiewe klerk by die Bongani-hospitaal, sê die vier gaan darem in twee klasse wees om dinge makliker vir die onderwyseresse te maak.

Hoe maak ’n mens ’n vierling groot as jou man ’n soldaat is en min by die huis is?

Gelukkig is ouma Puleng Selekoe darem ook in Welkom om hand by te sit, sê Yvonne.

Sy sê die vierling was haar eerste en laaste swangerskap; vier kinders is ’n seëning maar ook heeltemal genoeg.

Sy het geen vrugbaarheidsbehandeling ontvang nie en die vier is ’n natuurlike wonderwerk, sê sy.

Meer oor:  Welkom  |  Vierling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.