Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Wes-Kaap begin veldtog om te sorg dat matrieks klaarmaak

Die Wes-Kaapse department van onderwys het ’n veldtog van stapel gestuur om matrieks van 2020 aan te moedig om hul matriekjaar te voltooi.

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR van onderwys, sê dit was ’n moeilike jaar vir matrieks, maar hulle het gewys hoe sterk hulle is. Onderrig het op allerhande maniere voortgegaan, selfs gedurende vlak 5 van die inperking.

Die veldtog #CommitToFinish is om matrieks te ondersteun en aan te moedig totdat hulle die eindeksamen geskryf het, luidens ’n verklaring.

“Hoewel matrieks se bywoning by skole 90% is, wil ons nie sien dat leerlinge die skool verlaat of hulself bevraagteken nie,” sê Schäfer. “Die leerlinge het die afgelope 12 jaar hard gewerk om tot hier te kom en ons wil hulle bystaan om hul matriekjaar te voltooi.”

Die veldtog word bemark met die leuse “Jy sal jouself later bedank!”

In beeldmateriaal bedank toekomstige, ouer weergawes van matrikulante hul jonger self vir die regte keuse om hul matriekjaar te voltooi. Vir die veldtog is drie matrieks van die Hoërskool Parel Vallei met behulp van AE Face Tools verfilm en hul gesigte verouder.

Een van die foto’s van die Wes-Kaapse onderwysdepartement se veldtog #CommitToFinish. Foto: Verskaf

Op die webwerf www.CommitToFinish.co.za kan leerlinge ook hul verbintenis laat blyk om hul matriekjaar te voltooi en daar toegang kry tot verskeie hulpbronne, soos ’n e-portaal en inligting oor die eindeksamen.

Volgens die provinsiale onderwysdepartement is die veldtog op verskeie sosialemediaplatforms bekend gestel, in gemeenskappe op advertensieborde, via SMS’e aan kandidate en per e-pos aan skole. Matriekleerlinge sal ook persoonlik ’n eksamenboekie ontvang waarin hulle aangemoedig word om hulself daartoe te verbind om matriek te voltooi.

Die boekie bevat advies oor die eksamen, opsies vir beurse, ondersteuningsnetwerke, ou eksamenvraestelle vir die vakke Engels (huistaal), Afrikaans (eerste addisionele taal), rekeningkunde, sakestudies, aardrykskunde, geskiedenis, lewenswetenskappe, wiskunde, wiskundige letterkunde en fisiese wetenskappe.

Volgens Schäfer wys die verlede dat sommige leerlinge moedeloos raak en besluit om die skool te verlaat ná hul rekordeksamen.

Schäfer moedig matrieks aan om te dink aan hul ouer self en die regte keuse te maak. Sy vra mense ook om die matrieks van 2020 te ondersteun en by te staan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.