Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Wiskunde-onnie se boeke ‘maak somme lekker’

’n Wiskunde-onderwyser van Potchefstroom is vasbeslote om somme vir leerlinge lekkerder en meer verstaanbaar te maak.

Daarom het Morné Smit (39), akademiese adjunkhoof van die Hoër Volkskool Potchefstroom, skouer aan die wiel gesit en ’n wiskundeboek, Gatskop wiskunde, vir onderskeidelik gr. 10, gr. 11 en gr. 12 geskryf. Die boeke fokus op meetkunde.

Morné Smit Foto: Verskaf

Die boeke is uitgegee deur Amaniyah Publishers in Rustenburg. Die meetkundeboeke vir gr. 11 en gr. 12 is reeds gepubliseer, terwyl die weergawe vir gr. 10 eers later vanjaar beskikbaar sal wees.

Smit is een van die onderwysers wat verlede jaar ’n wiskundeles op Netwerk24 se #MySkool-platform aangebied het om hoërskoolleerlinge in die inperking aanlyn te ondersteun.

“Meetkunde is iets waarmee baie leerlinge sukkel,” sê Smit, wat 18 jaar se ondervinding in die onderwys het.

Gatskop wiskunde is volgens Smit anders as gewone meetkunde; dit maak meetkunde interessant.

Gatskop maak meetkunde baie lewendig. Die moeilike stellings is maklik. Soos boublokkies, vorm daar ’n blokkie na die nuwe trap. Dit kan in almal se behoeftes voorsien.”

Elke boek het ’n jaar geneem om te skryf en daar was uitdagings op sy pad.

Smit het elke probleem en oefening in die boeke self uitgedink en self die vorms geteken. ’n Diagram kon soms tot vyf uur neem om te teken. Beurtkrag was soms ’n uitdaging, maar dit het nie die skryfproses gekniehalter nie.

'Gatskop' maak meetkunde baie lewendig. Die moeilike stellings is maklik. Soos boublokkies, vorm daar ’n blokkie na die nuwe trap. Dit kan in almal se behoeftes voorsien.

In 2015, nadat hy op die departement van basiese onderwys se nasionale onderwystoekenningsaand ’n eerbewys ontvang het as die beste wiskunde-onderwyser in die land, het hy besef hy het die gawe om wiskunde op ’n besondere manier te verduidelik.

Hy wou sy kennis in boeke deel sodat hy leerlinge landwyd kon help.

Hy sê ’n onderwyser kan ’n leerling maak of breek.

In gr. 9 het hy in die eerste kwartaal wiskunde gedruip. In sy tweede kwartaal het hy aansienlik verbeter met behulp van ’n goeie onderwyser.

Smit sê dit verskaf aan hom groot genot wanneer leerlinge ’n “aha-ervaring” in die klas beleef.

“Dis baie spesiaal in die wiskundeklas wanneer leerlinge se ogies skielik blink en hulle verstaan,” sê Smit met ywer in sy stem.

Smit sê sy volgende projek is Gatskop beste, ’n vraestelboek in elke onderafdeling van wiskunde met die tien beste moontlike vrae. Hy is lankal daarmee aan die gang.

Smit se boeke is beskikbaar op Amaniyah Publishers se webblad.

Meer oor:  Boek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.