Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Wit Kovsie-studente sal nie welkom voel, sê VF Plus

Die boodskap wat Sonwabile Dwaba, EFF-verteenwoordiger en nuutverkose president van die studenteraad (SR) van die Universiteit van die Vrystaat (UV), Donderdag uitgedra het, is dat wit studente en hul geskiedenis nie welkom op die kampus is nie.

Só het Tammy Wessels, VF Plus-lid van die Vrystaatse wetgewer, in reaksie op Dwaba se uitlatings kort ná sy verkiesing gesê.

Dwaba het verwys na die standbeeld voor die hoofgebou op die Kovsie-kampus waaroor tans ’n openbaredeelnameproses oor of dit moet bly of nie, gehou word. Hy het onder meer gesê dat “M.T. Steyn moet val”.

Wessels het gesê die VF Plus sal met die rektor van die UV (prof. Francis Petersen) vergader om oor die onverdraagsaamheid van die huidige studenteleierskap te praat.

Tammy WesselsFoto: Netwerk24

“Die UV se droom van versoening en gelyke geleenthede is die nekslag toegedien met die uitsprake van die nuutverkose SR-president. Onverdraagsaamheid, haat, wanbegrip, rassisme en ’n gebrek aan kennis was die ondertoon van Dwaba se toespraak en is ’n aanduiding van wat die komende termyn gaan behels,” het Wessels gesê.

“Die visie van dieselfde M.T. Steyn, wie se standbeeld glo vir sekere studente aanstoot gee, was juis ’n hoëronderriginstelling in die Vrystaat, naamlik die UV, waar die einste studente nou die voorreg van hoër onderrig geniet.

“Dwaba, ’n studenteleier, behoort van beter te weet.

Hy behoort homself ten minste van die feite te vergewis voordat hy opruiende, ondeurdagte en onverdraagsame uitsprake maak. Sy swak leierskap voorspel niks goeds vir sy termyn nie.”

Wessels het gesê die openbare deelnameproses oor die toekoms van die standbeeld word deur sy kwaadwillige uitsprake ondermyn.

“Studente wat mondelinge voorleggings gedoen het, was hoofsaaklik ten gunste van die behoud van die standbeeld. “Dié voorleggings moet in ag geneem word en nie die betogende studente buite die lokaal nie, omdat hulle nie aan die diskoers deelgeneem het nie.”

Sy het gesê Suid-Afrikaners moet van die verkiesing in die kleine op die UV-kampus kennis neem.

“Die EFF toon onverdraagsaamheid en rassisme oral waar hy betrokke is. Sulke rassehaat mag nie geduld word nie.”

Volgens haar mag kiesers en spesifiek die stemgeregtigde jeug nie toelaat dat hul geskiedenis en toekoms onteien word nie.

“Alle studente behoort ewe welkom te voel op die kampus. Almal se geskiedenis is belangrik en behoort bewaar te word.

“Standbeelde moet bygevoeg word, nie weggeneem word omdat ’n kultuur van haat en onverdraagsaamheid deur ’n leierskap gekweek word nie,” het sy gesê.

Meer oor:  Tammy Wessels  |  Kovsies  |  Vf Plus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.