Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Witbank-skool sluit nadat ouers mekaar buite takel

Die Hoër Tegniese Skool Witbank het Maandag sy deure tydelik gesluit in opdrag van Bonakele Majuba, LUR vir onderwys in Mpumalanga.

Majuba se opdrag volg nadat ouers mekaar Maandagoggend buite die skool aangerand het tydens ’n protesaksie oor beweerde rassisme by dié skool.

“Die LUR is hoogs ontsteld oor die gebeure by die skool en daarom het hy opdrag gegee dat klasse opgeskort word,” lui ’n verklaring van die provinsiale onderwysdepartement.

HTS Witbank het op sy Facebook-blad gesê die skool sal tot 21 Junie gesluit wees. “Die eksamen word nou met ’n week aangeskuif en die nuwe rooster sal Dinsdag op sosiale media beskikbaar wees,” lui die inskrywing.

Maandag se betoging oor beweerde rassisme spruit uit ’n voorval op 8 Junie toe leerlinge by die skool in ’n bakleiery betrokke was. Beeldmateriaal van die geveg is wyd op sosiale media versprei.

witbank, hoërskool
Foto: Skermgreep/Newsroom Africa

Die skool het die bakleiery onder sy leerlinge veroordeel en die betrokkenes is tydelik geskors ná ’n ondersoek oor die voorval.

Een van die ouers het Maandag aan die TV-nuuskanaal Newzroom Afrika gesê hulle het betoog oor die swart en wit leerlinge wat baklei het. Hy sê ouers is omgekrap daaroor en omdat die skool hulle toegang weier, maar ’n man van Pretoria verlede week toegelaat het om met die leerlinge te gesels. Dié man is na verneem word Devon Hofmeyr van die jeugbeweging Bittereinders.

’n Ander man het Maandag aan Newzroom Afrika gesê hulle was nie Maandagoggend daar om in ’n geveg betrokke te raak nie. “Die wit gemeenskap of wit mense wou nie baklei nie. Ons wil net ons kinders beskerm,” het die man gesê.

Die provinsiale onderwysdepartement het aan Netwerk24 gesê die bakleiery tussen die leerlinge word ondersoek.

“Die ouers van die leerlinge wat betrokke was by die bakleiery sal Dinsdag ingeroep word vir ’n vergadering.”

Meer oor:  Witbank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.