Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
WKOD ‘druk besig om laaste leerlinge te plaas’

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) is besig met die laaste plasings van leerlinge wie se ouers nou eers wakker geskrik het en ook dié wie se ouers na die provinsie getrek het.

Die WKOD sê hy is slaggereed vir die skooljaar wat Woensdag begin, en is druk besig om plek vir leerlinge te soek wat nog nie ’n skool het nie.

Die skooljaar begin Woensdag vir duisende kinders. Foto:

Luidens ’n verklaring van die WKOD het ’n aantal ouers wat van ander provinsies getrek het, die departement nou eers gekontak vir die plasing van hul kinders. Daar is ook ouers wat nie verlede jaar aansoek gedoen het by skole nie, en eers daardie proses Maandag begin het.

“Skole het Maandag (vir onderwysers) geopen, so ons is tans in die proses om vas te stel watter skole oopgemaak het om te kyk waar ons hierdie leerlinge kan plaas.

“ ’n Groot getal leerlinge is die laaste paar dae van 2019 in skole geplaas en ons verwag verdere plasings (vandag).”

Die WKOD sê hy kan dus nie ’n akkurate syfer gee oor hoeveel leerlinge nog by ’n skool geplaas moet word nie, aangesien hierdie syfer voortdurend verander.

Die distrikskantore is ook besig om ouers by te staan met alternatiewe opsies, maar dit neem tyd en ouers moet met hul distrikskantore in kontak bly. Ouers moet geduldig bly, vra die departement.

Bykomende personeel is by die distrikskantore geplaas vir verdere bystand aan ouers.

Altesaam 109 bykomende mobiele klaskamers sal ook by skole geplaas word vir verdere bystand.

Leerlinge kom na die Wes-Kaap vir beter onderwysgeleenthede of volg hul ouers wat werk hier soek.

“Die WKOD moet bestaande bronne dun oor die hele stelsel strek. Die druk wat dit op ons skole plaas, is geweldig, en die hartseer werklikheid is dat ons nie genoeg geld ontvang om die toenemende aantal leerlinge in die stelsel te akkommodeer nie.”

Die WKOD sê egter ten spyte hiervan is hy slaggereed vir die skooljaar.

Handboeke en skryfbehoeftes is reeds sedert die einde van Oktober verlede jaar by skole afgelewer.

’n 2020-beplanningskalendar is ook reeds in September na skole gestuur.

Vanjaar se tema is “Jaar van funksionele skole –die ontwikkeling van ’n waardegedrewe span”.

“Ons visie vir onderwys in die Wes-Kaap bly duidelik – om gehalteonderwys vir elke kind, in elke klaskamer, in elke skool in die provinsie te voorsien. Maar ons kan dit nie doen sonder om die nodige stelsels, strukture en beleid te hê nie. Ons skole moet aan die minimum vereistes voldoen en ondersteunende en doeltreffende spanne hê.

“Daarom sal fyn gekyk word na maniere om skole beter te laat funksioneer en om voort te gaan om waardegedrewe skoolomgewings met groeiende denke te skep.

“Een van die provinsie se grootste uitdagings is om begrotings te sny wat veral infrastruktuur regstreeks sal raak. “Ons sal alles in ons vermoë doen om onderwysposte te beskerm.”

Daarby is daar ’n toename in leerlinge in die provinsie en is die WKOD onder geweldige druk om leerlinge te akkommodeer. Hulpbronne en ander geriewe sal dus uitgebrei moet word.

Altesaam 109 bykomende mobiele klaskamers sal ook by skole geplaas word vir verdere bystand.

Meer oor:  Laaste  |  Leerlinge  |  Skole  |  Skooljaar  |  Plasings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.