Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
16 vroue, 151 kinders later ... en hy is reg vir nóg ’n troue

Die 66-jarige pa van 151 kinders by 16 vroue maak planne om binnekort met sy 17de vrou te trou en dié Zimbabwiër sê hy beplan beslis om kinders by haar te hê.

Misheck Nyandoro, ’n oudsoldaat van Mbire, Zimbabwe, wil later in die winter trou, berig The Herald, die grootste koerant in Zimbabwe.

Tans is 50 van sy kinders nog op skool in verskeie stede in die land. Ses ander het by die weermag in Zimbabwe aangesluit, twee is in die polisiediens en 11 ander werk ook reeds op verskeie plekke.

Van sy kinders is 13 dogters en 23 seuns reeds getroud. Een van sy seuns is blykbaar besig om in sy pa se voetspore te volg en het reeds vier vroue.

Volgens The Daily Mail het hy in 1983 begin met dié leefwyse en wil aan die einde van sy lewe 100 vroue en sowat 1 000 kinders hê.

“Eers wanneer ek sterf, sal ek ophou trou en kinders kry,” sê hy.

Volgens The Sun sê Nyandoro hy verkies jonger vroue omdat die ouer vroue te veel kla oor die gereelde seks.

“Ek het ’n skedule opgestel wat my toelaat om omtrent vier vroue per aand te bevredig,” sê hy.

“Ek gaan na die kamer wat op my skedule vir die aand is, bevredig my vrou en beweeg dan aan na die volgende kamer.”

Geeneen van die vroue weet vooraf of hulle op daardie aand se skedule is nie. Hulle vind dit uit wanneer hy aanklop.

Op ’n vraag of hy ’n werk het, sê hy nee.

“Om te trou, my vroue te bevredig en kinders te maak ís my heeltydse werk.”

Deur die dag sit Nyandoro in ’n sentrale vertrek naby aan al sy vroue. Hulle bring deur die dag vir hom kos.

“Elke vrou moet haar beste geregte voorsit, want my reël is dat ek net lekker kos eet. Die res gooi ek weg,” sê hy.

Hy is in 1983 vir die eerste keer getroud en het 13 kinders by dié vrou. Dit is die meeste kinders wat hy by een vrou het en sy is steeds aan sy sy.

Sy laaste troue was in 2015.


Meer oor:  Misheck Nyandoro  |  Zimbabwe  |  Poligamie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.