Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
2 wat kafoefel en bestuur amper tronk toe

’n Paartjie is tronkstraf opgelê en hul rybewyse opgeskort nadat hulle op ’n snelweg in Spanje gekafoefel en bestuur het.

Die voorval het op 15 September gebeur. Beeldmateriaal wys hoe die motor oor die middelste baan van die snelweg beweeg terwyl die halfnaakte vrou bo-op die man sit.

Die polisie het die twee opgespoor waarna die Spanjaard, Abraham Gonzalez Jimenez, en sy Roemeense meisie, Iona Catalina Costas, skuld beken het op aanklag van roekelose bestuur.

Volgens die Mail Online is hulle elk ’n opgeskorte vonnis van ses maande opgelê en mag hulle vir twee jaar nie bestuur nie.

Die Dacia Sandero-motor waarin hulle was, het aan die bestuurder se pa behoort.

Lees ook hier.

Meer oor:  Spanje  |  Seks  |  Motor  |  Padveiligheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.