Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
6 mense ‘wat op einde van wêreld wag’ ná 9 j. ontdek

Die polisie in Nederland het ses mense in ’n plaashuis in die provinsie Drenthe, ongeveer 130 km van Amsterdam, ontdek wat al nege jaar in afsondering “op die einde van die wêreld wag”.

Die BBC berig die ontdekking is gemaak nadat een van hulle hulp by ’n plaaslike kroeg gaan soek het.

Luidens ’n polisieverklaring wat Dinsdag laat uitgereik is, het ’n 58-jarige man en vyf volwassenes van tussen 18 en 25 jaar oud in ’n versteekte vertrek in die plaashuis gewoon.

CBS News berig dat een van hulle, ’n 25-jarige man, ontsnap en biere by ’n kroeg op die nabygeleë dorpie Ruinerwold bestel het.

’n Foto van die plaashuis waar die familie nege jaar lank in afsondering geleef het. Foto: Reuters

Chris Westerbeek, kroegeienaar, sê die jong man het by die kroeg ingekom, vyf biere bestel, dit gedrink en toe gesê hy het hulp nodig.

“Sy hare was lank en sy baard vuil. Hy het ou klere aangehad en was verward. Ek het met hom gesels en hy het gesê hy was nooit in die skool nie en dat hy nege jaar laas by ’n haarkapper was. Hy het gesê hy het weggehardloop en dat hy hulp nodig het. Ons het die polisie toe gebel.

“Die man het gesê hy het broers en susters wat op die plaas woon en dat hy die oudste is. Hy wou nie meer so leef nie,” sê Westerbeek.

Sky News berig dat die 58-jarige man in hegtenis geneem is. Volgens die polisie het die jong mense gesê hy is hul pa.

Roger de Groot, burgemeester, sê hulle het nege jaar gelede laas kontak met die buitewêreld gehad. Volgens hom is hulle nie seker hoe die 58-jarige by die familie inpas nie, maar volgens De Groot is hy nie die jong mense se pa nie en is hul ma dood.

Die familie het glo in ’n klein vertrek gewoon en van groente en vleis geleef.

Meer oor:  Amsterdam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.