Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
‘Geheime’ ballon in Karoo gevind
Boer kry ‘VVV’ uit Amerika in die veld
Die seil en onderdele van só ’n lugballon is deur die boer Urbanus Botha in die Karoo gevind. Die Google Loon-toetsprojek se ballonne word aangedryf deur ’n sonpaneel en ’n battery wat verseël is om dit teen erge tempera
Die toerusting wat in Strydenburg op ’n plaas gevind is. Foto: sarita visagie
Die Google Loon-toetsprojek se netwerk van ballonne hang sowat 20 km bo die aarde in die stratosfeer. Die ballon word daarna op ’n beheerde wyse aarde toe gebring en die onderdele herwin. Foto: GOOGLE
Die sonpaneel, verseëlde battery en elektroniese onderdele hang onder die ballon. Die Google Loon-toetsprojek se netwerk van ballonne hang sowat 20 km bo die aarde in die stratosfeer. Die doel is om aardbewoners sonder tradisionele intern
Die Google Loon-toetsprojek se oogmerk is om mense op die aardbol sonder intertoegang met ’n ballonnetwerk bo die aarde te verbind deur ’n antenna (soos op die foto) by hul huise. Die antenna en ballonne met elektronika is met mekaar, die

Was dié vreemde vlieënde (neergestorte) voorwerp inderdaad van Amerika, soos wat die inskripsie “vervaardig in die VSA” aandui?

Of was dit dalk uit die buitenste ruimte?

Só het Urbanus Botha, wat tussen Strydenburg en Britstown boer, gewonder toe hy ’n reuse-plastiekseil en enkele elektroniese komponente in die uitgestrekte en eensame Karoo-landskap sien lê het.

Miskien was dit ’n weerballon wat van die weerkantoor in De Aar opgestuur is. Tog was die plastiek baie groter as dié van ’n weerballon.

Toe hy dié weerkantoor bel, kon hy nie “kontak maak” nie. Die foon het net aanhou lui.

Die eienaardige elektroniese stukke was ook nie juis bruikbaar vir Botha nie. Hy is nie ’n skaapboer wat ure voor rekenaars deurbring nie.

“Die enorme stuk plastiek het my hele skaapsleepwa gevul. Ek kan dit dalk goed gebruik as ek die waenhuis uitverf. Die kleiner stukkies plastiek het ek weggegooi.”

Botha het na die elektroniese onderdele gestaar en vir Stoffel Visagie, sy buurman, gebel. Dié hou daarvan om nuwe dinge uit ou onderdele te skep.

Visagie se dogter, Sarita (20), het die onderdele en sonkragpaneel bekyk en foto’s geneem wat sy per e-pos vir haar ouer broers, Johan (30) en Bennie (27), gestuur het.

Die driemanskap het gesien daar staan “Google [X]” op die dele – en dit ge-Google.

Google [X] is Google se semi-geheime toetsprojekte.

“Ons het besef die ballon en onderdele is deel van die Google Loon-projek. Dit is ’n tegnologiestelsel wat aan ballonne bo die aarde hang en permanente internettoegang aan almal op aarde verskaf.

“ ’n Ingenieur in Kalifornië het per e-pos laat weet dat die komponente op my foto’s lyk soos dié van hul stelsel. Hy sal ’n plaaslike span stuur om die onderdele by ons te kry,” het Sarita gesê.

Sy het dié nuwe en ongewone internettoegangstelsel op die internet bestudeer.

Op YouTube is daar verskeie video’s wat die toetsstelsel verduidelik.

Die netwerk van ballonne hang sowat 20 km bo die aarde in die stratosfeer. Dit word aangedryf deur ’n sonpaneel en ’n battery wat verseël is om dit teen erge koue te beskerm.

Die ballonne word van die beheersentrum op verskillende lugstrome gestuur deur lug in te pomp of uit te laat. Die materiaal is rekbaar om uitsetting en inkrimping te deurstaan.

Die ballon se leeftyd is 100 uur of drie omwentelings om die aardbol.

Die ballon word daarna op ’n beheerde wyse aarde toe gebring en die onderdele herwin.

Die ballonne is met mekaar en met die beheersentrum en internetdiensverskaffer in verbinding.

Aardbewoners sal met ’n huis­antenna met die stelsel verbind word.

Google Loon se oogmerk is om goedkoper, permanente en stabiele internettoegang aan sowat 5 miljard aardbewoners te verskaf wat dit nie tans het nie.

Dit kan ook in natuurrampe gebruik word as aardse internet-infrastruktuur vernietig is.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.