Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Wys jou naels vir dwelm-drankies
Foto:Freedigitalphoto

Die voorkoms van afspraakverkragting neem toe veral waar dwelms soos Rohypnol GHB en selfs Xanax in drankies gegooi word, het timeslive Dinsdag berig.

Nou is daar ’n naelpolitoer, wat in die ontwikkelingstadium is, wat sal help om aan te dui as daar ’n dwelm in jou drankie is.

Hoe dit heel moontlik sal werk, is dat jy jou vingers liggies in die drankie kan doop en as jou drankie gedokter is, sal die naelpolitoer van kleur verander.

Dié verkleurmannetjiepolitoer sal jou dan so van ʼn moontlike verkragting kan red.

Dis die uitvindsel van die Noord-Carolina-staatsuniversiteit - al wat nou nodig is, is geld om dié produk te kan ontwikkel.

​Lees meer hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.