Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Allemintige luislange daal toe neer uit man se dak!
Die slangvanger Steven Brown met die twee slange wat hy uit David Tait se huis verwyder het. Foto’s: Facbook/Brisbane North Snake Catchers and Relocation

’n Australiese man kon nie sy oë glo toe hy twee groot luislange op sy kombuisvloer aantref nie.

Volgens David Tait, ’n afgetrede man van Brisbane, Queensland, het die twee slange Maandag deur die kombuis se plafon geval voordat die twee onderskeidelik na die slaapkamer en sitkamer geseil het, berig 7News.

Tait het gesê dat hy al voorheen slange rondom sy huis gesien het, maar nog nooit sulke kalante nie – en ook nie in sy huis nie.

Die twee luislange het deur Tait se kombuisplafon geval en na ander vertrekke in die huis geseil.

Die slangvanger Steven Brown van Brisbane North Snake Catchers and Relocation skat die twee luislange – albei mannetjies – is onderskeidelik sowat 2,8 m en 2,5 m lank en weeg saam 22 kg, berig The Guardian.

Die slange is die grootste en vetste wat hy nog gesien het, het Brown gesê en bygevoeg dit was min moeite om die slange te vang voordat hy dit na ’n bos vrygelaat het.

Die twee luislange het deur Tait se kombuisplafon geval en na ander vertrekke in die huis geseil.

Volgens Brown het die twee luislange glo oor ’n wyfie daar naby baklei, berig 9Now.

Die wyfie kon egter nog nie opgespoor word nie en daar is vrese dat sy steeds in die huis is.

Steven Brown het gesê hy het maklik die twee luislange gevang.

Raymond Hoser, ’n slangvanger in Melbourne, het inwoners gewaarsku dat hulle meer slange in die komende weke sal gewaar en hy verwag ook dat meer mense op sy knoppie sal druk om slange te verwyder.

Brown het ook gewaarsku dat mense nie naby die slange moet kom nie en professionele hulp moet inroep om slange te verwyder, berig Daily Mail.






Meer oor:  Brisbane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.