Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Amsterdam se seksdistrik kry die rooi lig

Amsterdam het aangekondig hy gaan toere deur die stad se bekende rooiligdistrik verbied omdat hulle bekommerd is dat die sekswerkers as toeristeattraksies gesien word.

“Ons dink nie dit is behoorlik vir toeriste om skelm na sekswerkers te loer nie,” sê raadslid Udo Kock wat die verbod voorgestel het.

Die rooiliggebied is in die sentrum van die stad en is as ’n geheel geweldig gewild onder toeriste.

Plaaslike inwoners het al gekla oor al die mense wat daar rondloop en daarom is toergroepe kleiner gemaak en moet toeroperateurs amptelike permitte kry, berig CNN.

Die verbod op toere in die rooiliggebied sal van 1 Januarie 2020 geld om die toeroperateurs tyd te gee om daarby aan te pas.

Sommiges het dit verwelkom en gesê dit moedig ’n wyer gesprek aan oor wat gebeur as mense aangegaap word asof hulle kunswerke is.

Navorsing het getoon daar is tot 1 000 toergroepe wat die rooiliggebied weekliks besoek, berig The Sun.

’n Straattoneel in die rooiliggebiedFoto: Getty

Nie al die sekswerkers is egter bly oor die verbod nie. Een so ’n vrou skryf op Twitter: “Ek is ’n sekswerker in die rooiliggebied. En nee, ons is nie gelukkig met Amsterdam se oorlog teen toeriste nie. Die meeste van ons kliënte is toeriste. Geen toeriste nie, beteken geen inkomste vir ons nie.”

Daar is wel van die sekswerkers wat bedreig voel deur die toeriste wat graag selfies met hulle in die agtergrond neem. Nie almal se familie weet byvoorbeeld wat hulle doen nie.

Amsterdam kry al hoe meer toeriste. Teen 2030 word 29 miljoen toeriste per jaar verwag. Daar woon 800 000 mense in die stad.

Daar was al berigte wat die stad in die aand as ’n “wettelose wildernis” beskryf. Die polisie is nie in staat om dwelmhandel en straatwedrenne stop te sit nie, word daar gesê.

“Kom kyk en luister hoe sekswerkers hul werk doen.”

Dít is hoe 260amsterdamtours hul rooiligtoer adverteer. “Bewonder die distrik se eeue oue kerke en argitektuur en besoek en bekyk sekswinkels, ontkleeklubs, kondoomwinkels, prostitusie, koekeloervertonings, die Casa Rosso-seksteater en die Banana Bar-seksklub,” nooi die toeroperateur toeriste op ’n toer van anderhalfuur.

Meer oor:  Amsterdam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.