Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
‘Angelina Jolie-zombie’ in hegtenis geneem in Iran
’n Erg gedokterde foto van Sahar Tabar op Instagram. Foto: Instagram/@sahartabar_officialx

’n Iranese Instagram-ster bekend om haar eienaardige voorkoms op Instagram, wat herinner aan ’n kruising tussen ’n Angelina Jolie-karikatuur en Tim Burton se Emily in Corpse Bride, is in Teheran in hegtenis geneem.

Tabar word beskuldig van die oneerbiedige dra van die Islamitiese sluier die hijab, die aanhitsing van geweld, die verspreiding van haat en dat sy die jeug sosiaal en moreel korrupteer.

Volgens

The Guardian het Tabar bekend geraak ná die verskyning van ’n reeks foto’s van haar gesig ná kosmetiese chirurgie. Sy het ook erg gedokterde foto’s daarvan op Instagram geplaas.

Op van die foto’s dra sy ’n hijab en op ’n ander is daar ’n pleister op haar neus.

In van die foto’s dra sy ’n hijab. Foto: Instagram/@sahartabar_officialx

Tabar se voorkoms is al as die zombie-weergawe van Jolie beskryf. In die foto’s het sy versonke wange, opgeblase lippe en ’n skerp gepunte neus asof dit uit ’n strokiesverhaal kom, berig die BBC.

CNN berig Tabar het in 2017 ’n internetsensasie geword nadat berigte oor haar geskryf het omdat sy glo meer as 50 kosmetiese operasies ondergaan en net 40 kg geweeg het.

Sy het in onderhoude ontken dat sy probeer om soos Angelina Jolie of die karakter in Corpse Bride te lyk. Sy het egter saamgestem dat daar ooreenkomste tussen hulle is.

Volgens CNN het sy in Desember 2017 aan die Russiese nuusagentskap Sputnik gesê haar aanhangers weet dit is nie hoe haar regte gesig lyk nie.

Sahar Tabar Foto: Instagram/@sahartabar_officialx

“Dit is grimering en die foto’s is gemanipuleer. Elke keer as ek ’n foto publiseer, maak ek my gesig prettiger. Dit is hoe ek myself uitdruk.”

The Independent berig talle van haar aanhangers het opgemerk dat haar foto’s gedokter is omdat daar gesien kan word die agtergrond is ook kromgetrek.

Sahar Tabar se voorkoms is al as die zombie-weergawe van Angelina Jolie beskryf. Foto: Instagram/@sahartabar_officialx

Meer oor:  Iran  |  Inhegtenisneming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.