Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
‘Batman’ neem meisie wat geboelie word skool toe
“Batman” het Lydia (3) skool toe vergesel nadat haar ma gesê het sy word by die skool geboelie. Foto: Facebook/ The Batman of Spring Hill

Dit is nie aldag dat Batman sommer booswigte los om takies te verrig nie. Wanneer hy dit wél doen, is dit om ’n driejarige wat by die skool geboelie word skool toe te vergesel.

Erica Calculli van Spring Hill in die Amerikaanse deelstaat Florida het reeds in Augustus op Facebook geskryf dat haar dogter, Lydia, by die skool geboelie word. Jack Asbury III, ’n plaaslike man wat soos Batman aantrek sodat hy kinders kan help wat teen siektes veg om hul innerlike krag te vind, het aangebied om Lydia skool toe te vergesel.

The Batman of Spring Hill het op 28 Augustus op Facebook aangekondig dat hy ’n nuwe vriendin gemaak het nadat hy Lydia skool toe geneem het. Dié inskrywing word steeds wyd gedeel en het sedertdien in talle publikasies verskyn.

“Batman” sê Lydia is sy “beste vriendin”. Foto: Facebook/ The Batman of Spring Hill
Lydia het haar eie Supergirl-uitrusting gekry. Foto: Facebook/ The Batman of Spring Hill

“Dit is Lydia. My hart was gebreek toe ek haar ma se inskrywing sien dat sy by die skool geboelie word. Dit was so erg dat sy nie skool toe wou gaan nie. Ek het uitgereik en gevra of ek saam met haar skool toe kan stap,” sê die “Batman”.

Hy sê in sy inskrywing hy hoop dat dit Lydia laat besef het wie aan haar kant is, terwyl hy ook vir haar ’n koel uitrusting gekry het.

Hy het vir Lydia ’n Supergirl-uitrusting gekry en vir die leerlinge gesê sy is sy “beste vriendin” en hy sal weer kom kyk hoe dit met haar gaan.

Calculli het vir “Batman” laat weet dat ’n seuntjie vir Lydia as sy beste vriendin aanvaar het nadat hulle een oggend by die skool aangekom het.

“ ’n Klein seuntjie het onmiddellik nadat ons by die skool aangekom het na Lydia toe gestap, haar gegroet en haar sy ‘beste vriendin Lydia’ genoem. Hy het daarna haar hand gevat en saam met haar klas toe geloop. Dit het my laat huil,” het Lydia in ’n boodskap vir “Batman” gesê.

Meer oor:  Batman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.