Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Bekende mediaman geskors nadat hy glo op Zoom masturbeer

Jeffrey Toobin, een van die bekendste mediapersoonlikhede in Amerika, is tydelik deur die New Yorker geskors omdat hy na bewering gedurende ’n Zoom-vergadering gemasturbeer het.

Toobin, wat ’n regskenner is en ook by CNN as ’n ontleder werk, het glo vroeër die maand op ’n Zoom-vergadering tussen die New Yorker en die WNYC-radiostasie gemasturbeer terwyl die kamera aan was.

Volgens The Guardian het hy nie skuld beken nie, maar wel gesê hy het ’n fout gemaak.

“Ek het ’n vernederende, dom fout gemaak en gedink die kamera is af. Ek het gedink niemand op die Zoom-oproep kan my sien nie. Ek vra my vrou, familie, vriende en kollegas om verskoning,” het hy volgens die mediagroep Vice gesê.

Die mediaman Jeffrey Toobin is tydelik geskors nadat hy glo gedurende ’n Zoom-vergadering gemasturbeer het. Foto: Reuters

Twee bronne wat deel van die Zoom-vergadering was, het op voorwaarde van anonimiteit aan die mediagroep Vice gesê dat hulle nie seker is wat hul kollegas gesien het nie, maar hulle kon glo duidelik sien hoe Toobin masturbeer.

’n Woordvoerder van CNN sê Toobin het verlof vir persoonlike kwessies gevra.

Was dit nie vir die verlof en sy tydelike skorsing nie, sou hy oor Amy Barrett se aanstelling as regter van die Amerikaanse federale hooggeregshof, asook die Amerikaanse verkiesing op 3 November, verslag gedoen het.




Meer oor:  Cnn  |  Vice  |  Jeffrey Toobin  |  Amerika  |  Aanlyn  |  Zoom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.