Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Bekende skaap met rekordvag rus nou in vrede

Chris die skaap is nie meer met ons nie, mag hy sag rus.

Chris die skaap toe hy nog geleef het. Foto: Facebook/ Little Oak Sanctuary

Dié merino-ram van Australië het eens gespog met die digste vag ter wêreld, berig die BBC.

Chris het wêreldwyd aandag getrek toe hy in 2015 loslopend in die natuur gevind is, waar hy na raming ses jaar se wol aan sy skaaplyfie gedra het. Dié vag van altesame 41,4 kg moes afgeskeer word om sy lewe te red, maar kort daarna is bevestig dis wel ’n wêreldrekord.

Ian Elkins, ’n nasionale Australiese skaapskeerkampioen, het destyds gesê hy het nog nooit so iets gesien in sy 35 jaar as skaapskeerder nie.

Chris se woldos was vyf keer groter as hyself.

Die mense in Nieu-Suid-Wallis wat sedertdien na hom omgesien het, het Dinsdag aangekondig Chris is weens ouderdom dood, maar hy was tot onlangs nog gesond.

“Ons is gebroke oor die verlies van hierdie lieflike, wyse, vriendelike siel,” het die Little Oak Sanctuary, waar hy versorg is, aangekondig.

“Chris was soveel meer as net sy beroemde vag.”

Die massiewe vag is by die Australiese nasionale museum uitgestal nadat dit afgeskeer is.

Chris die beroemde skaap kry ’n soentjie by een van sy vele bewonderaars. Foto: Facebook/ Little Oak Sanctuary

Meer oor:  Ian Elkins  |  Australië  |  Wol  |  Merino
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.