Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
‘Besoek idilliese KZN in Wes-Kaap’

KwaZulu-Natal in die “Wes-Kaap van Suid-Afrika” is een van die beste plekke om in vakansie te hou in 2021.

So het die tydskrif Time KwaZulu-Natal Dinsdag in sy jongste jaarlikse bylae “oor die wonderlikste plekke in die wêreld” beskryf.

Dié provinsie word as ’n idilliese vakansiebestemming beskryf en lesers word aangemoedig om “KwaZulu-Natal, wat in Suid-Afrika se Wes-Kaap geleë is” te besoek.

KwaZulu-Natal is die afgelope weke in die nuus nadat betogings in die provinsie uitgebreek het nadat oudpres. Jacob Zuma op 8 Julie in hegtenis geneem is om 15 maande tronkstraf in die Estcourt-gevangenis in dié provinsie uit te dien.

’n Strand in Durban in KwaZulu-Natal. Foto: Gallo Images

Die onluste en plundering, wat ook na Gauteng versprei het, was so erg dat die Suid-Afrikaanse regering moes ingryp en die weermag na albei provinsies moes stuur om die onrus onder beheer te bring.

Belinda Luscombe, wat sedert 1998 by Time werk, het dié storie geskryf en KwaZulu-Natal as pragtig beskryf.

Time het ’n lys van 100 plekke opgestel met verskeie joernaliste wat oor die onderskeie vakansiebestemmings geskryf het.

Time se storie oor KwaZulu-Natal in die Wes-Kaap. Foto: Skermgreep/TIME

Luscombe sê dié provinsie het strande waar mense branderplank kan ry, terwyl KwaZulu-Natal ook parke van Wêrelderfenis-standaard het.

“KZN, soos dit bekend staan, het ’n warm, maar matige klimaat,” skryf sy.

Luscombe sê Durban is die grootste stad in KwaZulu-Natal met talle attraksies, soos ’n Mosambiekse restaurant. Sy noem ook die Club Med-oord wat buite die stad ontwikkel word.

Mense plunder op 14 Julie ’n gebied in Durban. Foto: Reuters

Die Kruger-wildtuin het ook Time se lys van die 100 wonderlikste plekke gehaal, terwyl Athene, Bangkok, Berlyn en New York ook op dié lys is.

Time sê hy het sy jaarlikse lys saamgestel deur te kyk na mense en besighede wat in hierdie uitsonderlike omstandighede daarin kon slaag om aan te pas en te innoveer.




Meer oor:  Time  |  Kwazulu-Natal  |  Wes-Kaap  |  Bylae  |  Vakansiebestemming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.