Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Bier en papier kan broumaats wees
’n Prototipe van die omgewingsvriendelike bierbottel.Foto: Carlsberg-groep

’n Internasionale brouery is ’n stap nader daaraan om sy bier in “papierbottels” te verkoop.

Die Carlsberg-groep het ’n bottel ontwikkel wat van volhoubare houtvesel gemaak word. Dit is ’n 100% bio-gebaseerde produk en heeltemal herwinbaar.

Die groep toets tans die produk in twee weergawes. Een het ’n dun herwinbare polimeerlagie aan die binnekant. Die ander bottel se polimeer-binnelaag is van ’n ten volle bio-gebaseerde produk. Die groep sê in ’n verklaring sy doel is om ’n bottel te ontwerp wat geen plastiek bevat nie.

Hulle het reeds in 2015 begin om ’n sogenaamde “groen veselbottel” te ontwikkel. Die Coca-Cola-maatskappy, die Absolut-maatskappy en L’Oréal gaan ook nou die roete volg.

Meer oor:  Bier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.