Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Bill Gates staan tou vir ’n burger

Miljardêrs moet ook soms soos gewone mense in ’n ry staan.

’n Foto van Bill Gates wat vir sy burger wag Foto: Facebook/ Mike Galos

Mike Galos, voormalige Microsoft-werker, het ’n foto van Bill Gates, stigter van Microsoft en een van die rykste mense ter wêreld, op Facebook gedeel waar hy sy beurt vir ’n bestelling moet afwag.

Hy het dié foto glo op ’n Microsoft-alumni-groep gekry en dit toe met sy Facebook-vriende gedeel.

Gates het glo by die Dick’s Drive-In in Seattle, Washington, met sy hande in sy broeksakke gestaan en sy beurt afgewag.

Die India Times berig dat Gates glo gereeld by die Burgermaster gaan kos koop omdat hy baie lief is vir burgers, maar dié keer het hy ’n ander burgerrestaurant uitgetoets.

Facebook-gebruikers was beïndruk met Gates wat self sy burger gaan koop.

“Hy’s my tipe ou,” het een gebruiker geskryf.

Galos het Gates se foto sommer ook as ’n geleentheid gebruik om ’n dwarsklap na pres. Donald Trump in te kry.

Mike Galos se inskrywing op Facebook.Foto: Facebook/ Mike Galos


Meer oor:  Bill Gates
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.